song lyrics / Retief Burger / Daar Staan 'n Kruis lyrics  | FRen Français

Daar Staan 'n Kruis lyrics

Performer Retief Burger

Daar Staan 'n Kruis song lyrics by Retief Burger official

Daar Staan 'n Kruis is a song in Afrikaans

Daar staan ‘n kruis vol liefde rooi
Waar Jesus self die sondaar nooi
Om al die seer en self probeer
Te kom verruil vir soveel meer

Ek is vry, waarlik vry
Deur U bloed gestort vir my
Genade vloei waar God moes bloei
Daar hang die kruis, die liefdeskruis

Daar staan ‘n graf wat leeg getuig
U triompfeer en vrees moet swyg
Dit skree die dood het doodgegaan
Die Lewensvors het opgestaan

Ek is vry, waarlik vry
Want U leef, U leef in my
Dit is volbring, U het oorwin
Daar staan ‘n graf, ‘n leë graf

Daar staan ‘n troon met lof omring
Waar skares kniel en altyd sing
Kom kyk die Lam wat ewig heers
U sal ek dien, U sal ek vrees

Ek is vry, waarlik vry
Een met U in heerskappy
Die hemel buig, die nasies juig
Daar staan ‘n troon, die hemeltroon

Daar staan ‘n bruid in heerlikheid
Van elke volk en taal en tyd
In glorie glans berei vir Hom
Beminde van die Bruidegom

Ek is vry, waarlik vry
U kom weer, U kom vir my
Op daardie dag sal ek bly wag
En leef as bruid, U liefdesbruid

Ek is vry, waarlik vry
U kom weer, U kom vir my
Op daardie dag sal ek bly wag
En leef as bruid, U liefdesbruid
En leef as bruid, U liefdesbruid
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Daar Staan 'n Kruis lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the camera
2| symbol to the right of the heart
3| symbol to the left of the helmet
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid