song lyrics / Piet Smit / Toe ek nog 'n kind was (1 Korintiërs 13: 11 - 13) lyrics  | FRen Français

Toe ek nog 'n kind was (1 Korintiërs 13: 11 - 13) lyrics

Performer Piet Smit

Toe ek nog 'n kind was (1 Korintiërs 13: 11 - 13) song lyrics by Piet Smit official

Toe ek nog 'n kind was (1 Korintiërs 13: 11 - 13) is a song in Afrikaans

Toe ek nog maar 'n kind was het ek soos 'n kind gepraat
My gedagtes was soos kindertaal, onbehulpe, desperaat
Maar nou dat ek groot is, is die kindervrae verby
Nou sien ek dinge anders ver verby die kind in my

Nou kyk ek nog in 'n dowwe spieël
Sien 'n raaisel deur die mis
Maar eendag sal ek alles sien
Net soos dit werklik is

Nou staar ek nog verwondered
My gedagtes vasgeknoop
Maar eendag as Jesus kom met die raaiselspieël by Hom
Sal ek Sy waarheid duidelik sien, dit bly my vaste hoop

Geloof, hoop en liefde is al wat nou nog bly
Hierdie drie sal ewig staan al gaan alles ook verby
Maar God se Woord is duidelik, daar's een wat bo-oor staan
Die grootste bly die liefde, dit is waaroor alles gaan

Want ons kyk nog in 'n dowwe spieël
Na die raaisel in die mis
Maar eendag sal ons alles sien
Net soos dit werklik is

Nou staar ons nog verwondered
Ons gedagtes vasgeknoop
Maar eendag as Jesus kom met die raaiselspieël by Hom
Sal ons Sy waarheid duidelik sien, die anker van ons hoop

Steeds bly daar net die dowwe spieël met sy raaisel in die mis
Maar eendag sal ons alles sien
Net soos dit werklik is

Nou staar ons nog verwondered
Ons gedagtes vasgeknoop
Maar eendag as Jesus kom met die raaiselspieël by Hom
Sal ons Sy waarheid duidelik sien, die anker van ons hoop
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Toe ek nog 'n kind was (1 Korintiërs 13: 11 - 13) lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the television
2| symbol at the bottom of the cloud
3| symbol to the left of the padlock
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid