song lyrics / Piet Smit / Man van Ur lyrics  | FRen Français

Man van Ur lyrics

Performer Piet Smit

Man van Ur song lyrics by Piet Smit official

Man van Ur is a song in Afrikaans

Duidelik
Was die woord wat God beveel het
'n Bevel om uit te trek uit Ur om alles daar te los, en toe jy opstaan
Hoe kon jy weet waar jy moes heen gaan?
Jy't jou rykdom en jou stand verruil vir tente in die sand in 'n land met vreemde weë

Kon jy dan deur geloof gesien het
Dat God sou doen soos Hy beloof het
Dat Hy deur jare jou sou lei en leer en jou self die land sou gee

Soos die sterre aan die hemel
En soos die sand van die see
So het God deur jou aan ons Sy heilsverbond gegee

En duidelik
Was die woord wat God gegee het
'n Beloofde nageslag, 'n kind, die een wat jou sou volg en toe hy daar was
Hoe kon jy weet waar hy moes heen gaan?
Sy eie brandhout moes hy dra toe God sy lewe van jou vra op jou altaar van geloof

Kon jy dan deur geloof geweet het
Dat God 'n ram daar sou voorsien het
Dat Hy jou nageslag sou seën en bou deur jou seun met jou as hoof

Soos die sterre aan die hemel
En soos die sand van die see
So het God deur jou aan ons Sy heilsverbond gegee

Blydskap
Was die woord wat God laat bring het
Die belofte in die krip, 'n Kind, die Een wat sou verlos en toe Hy groot was
Hoe kon ons weet waar Hy moes heen gaan?
Sy eie kruishout moes Hy dra toe God Sy lewe van Hom vra om die losprys te betaal

Kon jy dan deur geloof voorspel het
Dat God 'n Lam daar sou voorsien het
Dat Hy sou toelaat dat Sy Seun sou sterf om oorwinning te behaal

Ons is die sterre aan die hemel
Jy is die sand van die see
Deur jou het God aan ons, in Hom, Sy heilsverbond gegee

Ons is die sterre aan die hemel
Jy is die sand van die see
Deur jou het God Sy kinderskaar, Sy heilsverbond gegee
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Man van Ur lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the television
2| symbol at the top of the suitcase
3| symbol to the right of the smiley
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid