song lyrics / Piet Smit / Die keuse wat jy maak lyrics  | FRen Français

Die keuse wat jy maak lyrics

Performer Piet Smit

Die keuse wat jy maak song lyrics by Piet Smit official

Die keuse wat jy maak is a song in Afrikaans

As jou geliefdes jou teleurstel, jou vergeet en jou verstoot
En die seer wat in jou hart kom lê voel erger as die dood
As die mense wie jy koester jou sonder meer vermy
En jy alles al probeer het om hul guns weer terug te kry

Dan moet jy kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
'n Keuse om soos Hy te sterf dat dié om jou kan leef
Die liefde is nie maklik nie as alles om jou donker raak
Lê ware liefde in vergifnis in die keuse wat jy maak

As jou beminde jou verwerp het en jou gees in twee wil skeur
En jy huil jou seerste trane want jou hart is middeldeur
As jou mees intieme sielsgenoot die rug bly draai op jou
En jy staan alleen verwese terwyl wanhoop om jou vou

Dan moet jy kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
'n Keuse om soos Hy te sterf dat dié om jou kan leef
Die liefde is nie maklik nie as alles om jou donker raak
Lê ware liefde in vergifnis in die keuse wat jy maak

As die vyand teen jou opstaan om te plunder en te steel
En jy sien jou land gaan op in rook, jou mense word verdeel
As iemand wreed en wederegtelik dit gryp waarvoor jy swoeg
En jy finaal wil uitskreeu, genoeg is nou genoeg

Dan moet jy kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
'n Keuse om soos Hy te sterf dat dié om jou kan leef
Die liefde is nie maklik nie as alles in jou skree vir wraak
Lê ware liefde in vergifnis, dis 'n keuse wat jy maak

Here leer my kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
Ek kies om ook soos U te sterf dat dié om my kan leef
U liefde is nie maklik nie, dit bly 'n onbegonne taak
Maar liefde en vergifnis is die keuse wat ek maak
Liefde en vergifnis is die keuse wat ek maak
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Die keuse wat jy maak lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of magnifying glass
2| symbol to the left of the bulb
3| symbol at the bottom of the television
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid