paroles de chanson / Piet Smit parole / Die keuse wat jy maak lyrics  | ENin English

Paroles de Die keuse wat jy maak

Interprète Piet Smit

Paroles de la chanson Die keuse wat jy maak par Piet Smit lyrics officiel

Die keuse wat jy maak est une chanson en Afrikaans

As jou geliefdes jou teleurstel, jou vergeet en jou verstoot
En die seer wat in jou hart kom lê voel erger as die dood
As die mense wie jy koester jou sonder meer vermy
En jy alles al probeer het om hul guns weer terug te kry

Dan moet jy kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
'n Keuse om soos Hy te sterf dat dié om jou kan leef
Die liefde is nie maklik nie as alles om jou donker raak
Lê ware liefde in vergifnis in die keuse wat jy maak

As jou beminde jou verwerp het en jou gees in twee wil skeur
En jy huil jou seerste trane want jou hart is middeldeur
As jou mees intieme sielsgenoot die rug bly draai op jou
En jy staan alleen verwese terwyl wanhoop om jou vou

Dan moet jy kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
'n Keuse om soos Hy te sterf dat dié om jou kan leef
Die liefde is nie maklik nie as alles om jou donker raak
Lê ware liefde in vergifnis in die keuse wat jy maak

As die vyand teen jou opstaan om te plunder en te steel
En jy sien jou land gaan op in rook, jou mense word verdeel
As iemand wreed en wederegtelik dit gryp waarvoor jy swoeg
En jy finaal wil uitskreeu, genoeg is nou genoeg

Dan moet jy kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
'n Keuse om soos Hy te sterf dat dié om jou kan leef
Die liefde is nie maklik nie as alles in jou skree vir wraak
Lê ware liefde in vergifnis, dis 'n keuse wat jy maak

Here leer my kies net soos Jesus ook moes kies om te vergeef
Ek kies om ook soos U te sterf dat dié om my kan leef
U liefde is nie maklik nie, dit bly 'n onbegonne taak
Maar liefde en vergifnis is die keuse wat ek maak
Liefde en vergifnis is die keuse wat ek maak
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Die keuse wat jy maak

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche du casque
2| symbole à droite de l'étoile
3| symbole en haut de la croix
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid