song lyrics / Piet Smit / Die liefde laat ons dien lyrics  | FRen Français

Die liefde laat ons dien lyrics

Performer Piet Smit

Die liefde laat ons dien song lyrics by Piet Smit official

Die liefde laat ons dien is a song in Afrikaans

Die liefde laat ons dien
Net soos Jesus ons kom dien het
Hy het ons kom vra
Om net te doen wat ons gesien het

Die liefde bind 'n doek om
En begin dan voete was
Liefde gee van homself
En dra 'n ander een se las

Die liefde laat jou juig en getuig maar ook buig voor die goedheid van jou Vader
Dit gee jou eie oë die vermoë om die nood van ander te kan sien
Op Jesus kan jy bou en vertrou want Sy liefde trek jou altyd nader
Sy liefde is die bron van die moed en die krag waarmee jy ander dien
Sy liefde is die bron van die moed en die krag waarmee jy ander dien

Die liefde sal vergewe
Net soos Jesus ook vergeef het
Hy vra dat ons sal gee
En sal leef soos Hy geleef het

Die liefde sal kom troos
As daar mense is wat huil
Die liefde vra geen loon nie
En dit loop die ekstra myl

Liefde maak jou soos Hy, maak jou bly, maak jou vry en dit bring jou soveel seën
Sy liefde sal jou dring om te sing en te loof met blydskap in jou gees
Sy woord is die taal, die verhaal en die hart van die liefde alleen
Die liefde is die rede vir die vrede wat jou help om net soos Hy te wees

Die liefde laat jou juig en getuig maar ook buig voor die goedheid van jou Vader
Dit gee jou eie oë die vermoë om die nood van ander te kan sien
Op Jesus kan jy bou en vertrou want Sy liefde trek jou altyd nader
Sy liefde is die bron van die moed en die krag waarmee jy ander dien
Sy liefde is die bron van die moed en die krag waarmee jy ander dien
Sy liefde is die bron van die hart en die oë waarmee ons ander sien
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Die liefde laat ons dien lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the clock
2| symbol at the bottom of the envelope
3| symbol to the left of the star
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid