song lyrics / Piet Smit / Die Pad Wat Jy Moes Loop lyrics  | FRen Français

Die Pad Wat Jy Moes Loop lyrics

Performer Piet Smit

Die Pad Wat Jy Moes Loop song lyrics by Piet Smit official

Die Pad Wat Jy Moes Loop is a song in Afrikaans

Kom dink 'n bietjie aan jou lewe
En aan die onbekende pad wat jy van kleintydaf moes loop
Kom dink aan elke afdraai, elke kruising, elke stop
Aan al die kronkels in die pad wat jy moes loop

Kom dink dan aan die gang van jou gedagtes
Aan al die vrae sonder antwoord wat geknoop het in jou kop
Kom dink aan elke ja, elke nee toe jy moes kies
Al die besluite langs die pad wat jy moes loop

En o ek glo
Dan weet jy
Dan glo jy
En dan verstaan jy

Alles was presies net soos dit moes wees
Elke keer wat jy moes afdraai op die pad wat jy moes loop
Was dit die leiding van die Heilige Gees
Elke keer wat jy moes luister na die fluister in jou kop
Was dit die stem van die Heilige Gees

Kom dink dan aan die tye wat jy alleen was
Aan al die hartseer, eensaam plekke in die donker langs die pad
Kom dink dan aan jou Skepper, hoe Hy altyd by jou was
Hoe Hy elke keer maar daar was soos jy roep

En o ek glo
Dan weet jy
Dan glo jy
En dan verstaan jy

Alles was presies net soos dit moes wees
Elke keer wat jy kon bid en voel jy's naby aan jou God
Was dit die troos van die Heilige Gees
Elke keer wat jy kom bid het, vrye toegang tot jou God
Was dit die voorspraak van die Heilige Gees

Troue Leier
En Vertrooster
Hy sal altyd
By jou wees

Hy is jou voorspraak
By jou Vader
Jou beste vriend
Die Heilige Gees
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Die Pad Wat Jy Moes Loop lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the house
2| symbol to the right of the heart
3| symbol at the bottom of the helmet
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid