paroles de chanson / Jak de Priester parole / Pretoria Blues lyrics  | ENin English

Paroles de Pretoria Blues

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Pretoria Blues par Jak de Priester lyrics officiel

Pretoria Blues est une chanson en Afrikaans

Daar's ‘n plek
Waar ek vir soveel jare geleef het
Soveel jare gesweet het dat ek die helfte al eintlik vergeet het
Waar net Augustus se winde waai
Oktober pers word en die hane kraai
'n Plek wat sonder dat jy agter kom in jou hart in waai

O en daar’s 'n plek
Waar die bloed veel blouer
As die see is

Waar die lieflinge speel en die fans met blou horings gegear is
Waar studente met grand karre ry
Maar die beste skool was om met jou te vry
By Magnolia Dal op die gras sal jy dalk nog my hart kan kry

En as ek in Oktober maand net stadig verby die jakarandas ry
En ek dalk net iewers naby aan die Brooklyn Mall kan bly
En ek jou oë se aandag op die gras by Magnolia Dal kan kry
Dan is ek bly, dan is ek bly, dan is ek bly
Dat ons twee hier bly
Dis dan wanneer ek
Pretoria blues kry

Daar’s 'n plek waar die naaste branders
By Sun City is
Waar Tafelberg op 'n boekie
By Flight Centre is

Waar ek breakfast saam met jou belangrik is
En die Brooklyn Mall my tuiste is
'n Plek waar restuarante se kombuise al van tien uur af toe is

En daar’s 'n plek waar elke mens beslis
Homself kan wees
Ek Afrikaans gesels met die man wat Pretoria News lees

Waar die winkels daagliks meer word
En Sunnyside al hoe vreemder word
'n Plek wat sonder dat jy agter kom, jy van deel word

En as ek in Oktober maand net stadig verby die jakarandas ry
En ek dalk net iewers naby aan die Brooklyn Mall kan bly
En ek jou oë se aandag op die gras by Magnolia Dal kan kry
Dan is ek bly, dan is ek bly, dan is ek bly
Dat ons twee hier bly

Dis dan wanneer ek
Pretoria blues kry
Dis dan wanneer ek
Pretoria blues
Kry
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Pretoria Blues

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas du smiley
2| symbole en bas de la cible
3| symbole en bas du téléviseur
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid