paroles de chanson / Jak de Priester parole / Hiep-Hiep-Hoera Suid-Afrika lyrics  | ENin English

Paroles de Hiep-Hiep-Hoera Suid-Afrika

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Hiep-Hiep-Hoera Suid-Afrika par Jak de Priester lyrics officiel

Hiep-Hiep-Hoera Suid-Afrika est une chanson en Afrikaans

Ek kom daar uit die Vrystaat
Met ‘n windpomp in my hart
My voete is al seer geloop
My bene is al sat
Daar’s bottels in die teer pad
Daar’s diefstal op ons plaas
Nou soek ek net maar vrede
In my hart is net geraas

Ek ryloop tot in Gauteng
Hulle sê daar’s baie geld
Daar’s ‘n standbeeld van Madiba
Daar’s ‘n klomp shacks in ‘n veld
Die taxi’s jaag verby my
Ek lees ‘n opskif teen ‘n paal
Hulle sê Gauteng is dangerous
Ek mis die ou Transvaal

Ek sing hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Is lekker in Suid Afrika
Hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Hiep-hiep-hoera
Is lekker in Suid Afrika

Ek vat die pad na Kaapstad
Na Tafelberg en wyn
My voete loop na Wellington
My hart het baie pyn
Want dis nuwe jaar hier in die stad
En die Klopse vier net vees
En al die mense van ons land
Is almal in die gees

Hulle sing hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Is lekker in Suid Afrika
Hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Hiep-hiep-hoera
Is lekker in Suid Afrika

Ek kry die pad na Nuweland
Die Bokke het gewen
Al die mense wit en swart
Wil mekaar nou beter ken
Die World Cup soccer 2010
Was ‘n groot sukses
Ons blaas die vuvuzelas
Ons sing nou saam met gees

Ons sing Hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Is lekker in Suid Afrika
Hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Hiep-hiep-hoera
Is lekker in Suid Afrika

Bokkie dis so lekker by die see vir my
Bokkie dis so lekker in die son vir my
Bokkie dis so lekker in die bosveld vir my
So bokkie kan ons liewer in Suid Afrika bly

Hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Is lekker in Suid Afrika
Hiep-hiep-hoera (Hiep-hiep-hoera)
Hiep-hiep-hoera
Is lekker in Suid Afrika
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Hiep-Hiep-Hoera Suid-Afrika

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du pouce en l'air
2| symbole en bas de l'ampoule
3| symbole à droite de la maison
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid