paroles de chanson / Jak de Priester parole / Soen Die Reen lyrics  | ENin English

Paroles de Soen Die Reen

Interprètes Jak de PriesterSteve Hofmeyr

Paroles de la chanson Soen Die Reen par Jak de Priester lyrics officiel

Soen Die Reen est une chanson en Afrikaans

As 'n seun die dag 'n man word
Dra hy die wêreld op sy rug
Hy moet sy vrou en kinders lief hê
Hy moet sterk wees dis sy plig

Hy moet 'n huis bou waar dit veilig is
Hy word 'n leier vir sy land
Hy moet besluit waarheen die toekoms lei
Hy moet geluk hê aan sy kant

Maar soms verdwyn die toekoms
Soms is daar geen hoop
Soms net een ry spore
Wat jy alleen moet loop

Want 'n man kan ook huil
As die wêreld om hom skeer
As die deure voor jou toeslaan
En jy die swaarste les moet leer

As die liefde voor jou weg raak
En die son het ophou skyn
As jy die tyd maar net kon terug draai
En jy 'n oomblik weer kon leen
Trek uit jou skoene
Soen die reën

'n Man se grootse rykdom
Is sy kinders by sy vrou
Dis daai vakansies in Desember maand
As jul sand kastele bou

Maar tog op hierdie aarde
Maak ons net skatte bymekaar
Ons kan oorlog maak met woorde
Of ons kan lief wees vir mekaar

Maar soms verdwyn die toekoms
Soms is daar geen hoop
Soms net een ry spore
Wat jy alleen moet loop

Want 'n man kan ook huil
As die wêreld om hom skeer
As die deure voor jou toeslaan
En jy die swaarste les moet leer

As die liefde voor jou weg raak
En die son het ophou skyn
As jy die tyd maar net kon terug draai
En jy 'n oomblik weer kon leen
Trek uit jou skoene
Soen die reën

Die tyd maar net kon terug draai
'n Oomblik weer kon leen

Want 'n man kan ook huil
As die wêreld om hom skeer
As die deure voor jou toeslaan
En jy die swaarste les moet leer (As die liefde voor jou wegraak)

As die liefde voor jou wegraak
En die son het ophou skyn
As jy die tyd maar net kon terug draai
En jy 'n oomblik weer kon leen

Trek uit jou skoene
Soen die reën
Trek uit jou skoene
Soen die reën
Trek uit jou skoene
Soen die reën
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Soen Die Reen

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite de l'étoile
2| symbole à droite du coeur
3| symbole en haut du téléviseur
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid