paroles de chanson / Jak de Priester parole / Kompleksdrama lyrics  | ENin English

Paroles de Kompleksdrama

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Kompleksdrama par Jak de Priester lyrics officiel

Kompleksdrama est une chanson en Afrikaans

In meenthuis nommer een woon Johnny Venter
Hy pas ons almal op met sy geweer
Hy sms gereeld vir my ‘n grappie
Ek vra hom nie maar hy sê my wat’s die weer

Hy steek ‘n bottle whisky in sy golfsak weg
As sy vrou dit weet sal hy moet buite slaap
Ou Johnny het ‘n Harley in sy motorhuis
Hy droom hoe hy gaan aftree in die Kaap

In nommer twee woon Marlien Van Der Merwe
Die enigste een wat goed kan engels praat
Haar man werk al vir jare in die buiteland
Darm vra sy maar gereeld vir Johnny raad

Ons wonder wat sy doen want sy’s die heeldag tuis
Haar kinders is al groot en uit die skool
Sy het geen kat of hond in haar kombuis nie
Maar op haar skouer sit wel een massiewe voël

Daar’s altyd drama in die kompleks
Daar’s altyd meetings in die kompleks
Daar’s altyd skinder in die kompleks
Daar’s net nooit parking in ons kompleks

In meenthuis nommer drie woon daar ‘n kla kous
Alles is vir haar ‘n groot problem
Sy’s lekke zef as sy soms in haar pajamas
Soos ant Stienie oor haar muur of heining leun

Sy spit al ewig in haar simpel tuintjie
Die broeke wat sy dra is teen die wet
As sy maar nog soos Roxy Louw gebou was
Maar ongelukkig is sy lekke

Daar’s altyd drama in die kompleks
Daar’s altyd meetings in die kompleks
Daar’s altyd skinder in die kompleks
Daar’s net nooit parking in ons kompleks

In meenthuis nommer vier woon tannie Helga
Hel sy’s oud maar altyd iets te sê
Moet tog net niks in haar asblik gooi nie
Dis haar asblik en hare sal dit bly

Ek hoor alweer haar asem by ons voordeur
Knock knock knock knock knock knock knock who’s there?
Sy sukkel om haar kar in die garage te kry
Dis ons skuld oordat ons ‘n kombi ry

Daar’s altyd drama in die kompleks
Daar’s altyd meetings in die kompleks
Daar’s altyd skinder in die kompleks
Daar’s net nooit parking in ons kompleks

In meenthuis nommer vyf woon die voorsitter
Sy’t kinders maar al jare lank geskei
Sy kan soms oor ‘n lang naweek ‘n vreugde wees
Hang af in watter mood jy haar gaan kry

Sy’s enkel ma en sukkel met haar ex man
Die onderhoud betaal hy altyd laat
Dis moeilik om met kinders so alleen te wees
Daarom vra sy ma vir Johnny ook altyd raad

Daar’s altyd drama in die kompleks
Daar’s altyd meetings in die kompleks
Daar’s altyd skinder in die kompleks
Daar’s net nooit parking in ons kompleks

Daar’s altyd levies in die kompleks
Daar’s baie reëls in ons kompleks
Daar blaf ook honde in ons kompleks
Daar’s net nooit parking in ons kompleks
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Kompleksdrama

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas du nuage
2| symbole à droite du coeur
3| symbole en haut du pouce en l'air
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid