paroles de chanson / Jak de Priester parole / Moeilik Om 'n Mens Te Wees lyrics  | ENin English

Paroles de Moeilik Om 'n Mens Te Wees

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Moeilik Om 'n Mens Te Wees par Jak de Priester lyrics officiel

Moeilik Om 'n Mens Te Wees est une chanson en Afrikaans

Soggens word ek wakker
Met politiek hier in my oor
Daar is oorlog in die wêreld
Ja die vrede het verloor

Maar ek sit my glimlag mooi op
Ek bly altyd positief
Ek vou my kinders in ‘n bubble
Want ek het die lewe lief

Almal swoeg met issues
Ons drink pille elke dag
Ons dans maar by ‘n troue
Ons kyk flieks wat ons laat lag

Maar waar het al die reën verdwyn
Moet ons trek of moet ons bly?
Maar êrens waar my God is
Is daar waar ek wil bly

En dit bevestig net weer my vermoede
Dat wat ek glo en wat ek dink is waar
Al hoor ek weer ‘n stemmetjie wat fluister in my oor
Hy sê dis soms moeilik om ‘n mens te wees
Dis soms moeilik om ‘n mens te wees

Party glo net aan niks nie
Ander glo in God
Party is sout pilare
Soos die vrou van Lot

As ons mekaar net kon aanvaar
Vir wie en wat ons is
Geen kleure en geen grense
Geen haat en ook geen skuld

Maar dit bevestig net weer my vermoede
Dat wat ek glo en wat ek dink is waar
Al hoor ek weer ‘n stemmetjie wat fluister in my oor
Hy sê dis soms moeilik om ‘n mens te wees
Dis soms moeilik om ‘n mens te wees

Ek sukkel met my emosies
Ek is steed bang vir die dood
Oral waar ek rondkyk
Sien ek mense in die nood

Almal speel die Lotto
Want dis maar moeilik sonder geld
‘n Afbetaalde huis en kar
Bill Gates bly maar my held

En dit bevestig net weer my vermoede
Dat wat ek glo en wat ek dink is waar
Al hoor ek weer ‘n stemmetjie wat fluister in my oor
Hy sê dis soms moeilik om ‘n mens te wees
Dis soms moeilik om ‘n mens te wees
Dis soms moeilik om ‘n mens te wees
Dis soms moeilik om ‘n mens te wees
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Moeilik Om 'n Mens Te Wees

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut du pouce en l'air
2| symbole à droite de la calculatrice
3| symbole en haut du smiley
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid