song lyrics / Robbie Wessels / Staan Terug vir die Manne In Wit lyrics  | FRen Français

Staan Terug vir die Manne In Wit lyrics

Performer Robbie Wessels

Staan Terug vir die Manne In Wit song lyrics by Robbie Wessels official

Staan Terug vir die Manne In Wit is a song in Afrikaans

Die kiewiet ma watch haar twee kleintjies
En ek wonder waar is die pa?
Ek sien ‘n hondsdolheid meerkat wat loop oor die teerpad
Min met die karre gepla

En ‘n ou pitchroller staan daar eenkant alleen
Dit was redelik droog die seisoen
Al is ons velde so hard soos steen
Vir ons is die gras altyd groen

In julle monde sal botter kan smelt
Hy julle koop al ons spelers met geld
In die koerant kan jy lees
Hul sal altyd daar wees
Al jaag jy vir Os van die veld

Staan terug vir die manne in wit
Al is jy ‘n vleuel ‘n flank of ‘n stut
Staan terug vir die manne in wit
Ken jy jou plek weet jy waar jy moet sit?

As ‘n Cheetah moet eet
Los hy jou oor aan jou leed

Dink terug aan ‘76
My visserman vriend se pa
Ek hoor .22 geweer iewers ploeg ‘n John Deere
En ek sien hoe sy spanmaats hom dra

Daar’s iets in die lug
Ek ruik dit in Bloem
En dit laat my weer dink aan daai jaar

Al was ek nie daar nie
Nog nie eers gebaar nie
Weet ek die stories is waar

Julle sal moet koes en moet keer
Julle kyk verniet op ons neer
Ja jy wat so frons
Daar is 15 van ons
En ons klim al vir jare die leer

Staan terug vir die manne in wit
Al is jy ‘n vleuel ‘n flank of ‘n stut
Staan terug vir die manne in wit
Ken jy jou plek weet jy waar jy moet sit?

As ‘n Cheetah moet eet
Los hy jou oor aan jou leed

Staan terug vir die manne in wit
Al is jy ‘n vleuel ‘n flank of ‘n stut
Staan terug vir die manne in wit
Ken jy jou plek weet jy waar jy moet sit?

As ‘n Cheetah moet eet
Los hy jou oor aan jou leed
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Staan Terug vir die Manne In Wit lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the television
2| symbol to the left of the bulb
3| symbol at the top of the target
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid