song lyrics / Piet Smit / Woorde lyrics  | FRen Français

Woorde lyrics

Performer Piet Smit

Woorde song lyrics by Piet Smit official

Woorde is a song in Afrikaans

Hoe eenvoudig is die letters in die woorde van ons taal
Hoe sinloos ons die inhoud wat ons uit ons woorde haal
Hoe gerinskat ons die woorde en die sinne wat ons praat
Terwyl God net deur Sy woorde die skepping agterlaat

Woorde breek, woorde bou, bring liefde maar op hart
Woorde gee, woorde neem want die spyt is altyd laat
Woorde goed met sout besprinkel maak stukkendes gesond
Want die mag oor dood en lewe is in die woorde in jou mond

Hoe klein is die ou vonkie wat die hele bos laat brand
Hoe min is net een korreltjie teen die hele see se sand
Hoe onbenulig die ou roertjie wat die hele skip kan draai
Dis hoe Jesus net deur woorde die Hemelsaad kon saai

Woorde kap, woorde vul, bring vervloeking maar ook seën
Woorde stroop, woorde saai, goeie woord dan moet verleen
Woorde goed met sout besprinkel maak stukkendes gesond
Want die mag oor dood en lewe is in die woorde in jou mond

Luister goed na God se Woorde
Met jou hart en deur jou gees
En spreek dan self die lewe, jou woorde kan genees

Woorde breek, woorde bou, bring liefde maar ook haat
Woorde gee, woorde neem want die spyt is altyd laat
Woorde goed met sout besprinkel maak stukkendes gesond
Want die mag oor dood en lewe is in die woorde in jou mond
Die mag oor dood en lewe is in die woorde in jou mond
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Woorde lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the helmet
2| symbol at the top of magnifying glass
3| symbol to the left of the thumbs up
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid