song lyrics / Piet Smit / Seisoene saam met jou lyrics  | FRen Français

Seisoene saam met jou lyrics

Performer Piet Smit

Seisoene saam met jou song lyrics by Piet Smit official

Seisoene saam met jou is a song in Afrikaans

Ons ontmoeting was ons lente dag
'n Saadtjie wat sou groei tot nuwe lewe
Liefde's bloeisels wat sou blom en dan tot wasdom kom
Soos 'n arend wat op hoër winde swewe

Somer was ons soetstroop vrug seisoen
Jare van lief en leet en gedeelde harte
En al was dit somtyds swaar, was die uitkoms altyd daar
Soveel vreugde en geluk maar soms ook smarte

Die seisoene saam met jou was die verloop van my verhaal
Alles wat ek hier op aarde het
Alles wat vir my waarde het
Was uiteindelik net deur jou bepaal

Alles hier in my hart
Wat gebreek was of gebou
Leef verweef in die seisoene saam met jou

Maar onverwags het somer herfs geword
'n Stilword tyd vir terugkyk oor ons paaie
Soos die herfs kleur in die blare, kruip die silwer in ons hare
Maar ons liefde lê oor ons lewensboek se blaaie

Ag ek weet dat daar nou winter wag
Met sy yswind wat so oor jou hart kom vee
Maar as die ou dag koue in my murg wil dring, is daar 'n knus kaggel van herinnering
Jou liefde het vir my 'n lekker warm jas gegee

Die seisoene saam met jou was die verloop van my verhaal
Alles wat ek hier op aarde het
Alles wat vir my waarde het
Was uiteindelik net deur jou bepaal

Alles hier in my hart
Wat gebreek was of gebou
Leef verweef in die seisoene saam met jou

Alles hier in my hart
Wat gebreek was of gebou
Leef verweef in die seisoene saam met jou
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Seisoene saam met jou lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the smiley
2| symbol to the left of the heart
3| symbol at the bottom of the bulb
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid