song lyrics / Piet Smit / Op Die Pad Na Nooitgedacht lyrics  | FRen Français

Op Die Pad Na Nooitgedacht lyrics

Performer Piet Smit

Op Die Pad Na Nooitgedacht song lyrics by Piet Smit official

Op Die Pad Na Nooitgedacht is a song in Afrikaans

Op 'n donker aand diep in Julie maand
Op die pad na Nooitgedacht
Waar drie rotse staan teen die sekelmaan
Het ek lank gewag die nag
Het ek lank gewag die nag

Want 'n skurk van ouds het 'n sak vol goud
Daar begrawe langs die pad
En elke donker aand met die sekelmaan
Kom hy terug en soek sy skat
Kom hy terug en soek sy skat

En in die verte hoor ek vier hoewe
Soos 'n hartpols diep in die nag
Dis of die duiwel hom jaag want die maan sit al laag
Op die pad na Nooitgedacht
Dis of die duiwel hom jaag want die maan sit al laag
Op die pad na Nooitgedacht

By die spook klippe naby Nooitgedacht
So het die mense my vertel
Kan gin man dit waag op 'n donker nag
Hy begeef hom in die hel
Hy begeef hom in die hel

Maar ek het vasgestaan en gesê ek gaan
Man alleen een donker nag
Ek het myself gestaal en my perd laat haal
Maar ek het so iets nooit verwag
Ek het so iets nooit verwag

Want die vuurvonke spat uit sy hoewe
En tien vlamtonge speel in die nag
En die ruiter lê plat want sy perd ken die pad
Na die skat van Nooitgedacht
En die ruiter lê plat want sy perd ken die pad
Na die skat van Nooitgedacht

Ek het te veel gesien en ek dog miskien
Is die beste plek die huis
Want ek ken gevaar, maar ek trap onklaar
En ek wens ek was al tuis
Ek wens ek was al tuis

Maar die huis is ver en die Môrester
Hang spookagtig oor die veld
Dis geen plek vir my ek wil liewer ry
Gee die kêrel maar sy geld
Gee die kêrel maar sy geld

Maar die hoefslae dreun in my ore
En 'n skim skiet stil uit sy saal
En die vuurvonke spat soos hy grou langs die pad
Want hy kom om sy skatte te haal

Maar die burgers gun hom geen rus nie
Soos 'n veldbrand kom hulle aan
En die Mauservuur dreun en die looddruppels reën
En ek dog die einde breek aan

Maar twee kole gloei in sy oë
Met een haal is hy weer in die saal
En sy perd ploeg die lug in sy ylingse vlug
Want hy weet die dood kom hom haal

En sy perd ploeg die lug in sy ylingse vlug
Want hy weet die dood kom hom haal
Want hy weet die dood kom hom haal

Op 'n donker aand diep in Julie maand
Op die pad na Nooitgedacht
Waar drie rotse staan teen die sekelmaan
Het ek lank bly lê die nag
Het ek lank bly lê die nag

En ek weet geen een sal my glo nie
Dit klink alles so gek in die dag
Maar wees elkeen wat lag eenmaal daar in die nag
Op die pad na Nooitgedacht

Wees elkeen wat lag
Eenmaal daar in die nag
Op die pad na Nooitgedacht
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Op Die Pad Na Nooitgedacht lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the suitcase
2| symbol to the right of the envelope
3| symbol at the top of the television
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid