song lyrics / Piet Smit / Najaarsdroom lyrics  | FRen Français

Najaarsdroom lyrics

Performer Piet Smit

Najaarsdroom song lyrics by Piet Smit official

Najaarsdroom is a song in Afrikaans

Nog 'n najaar in die vreemde
Met my drome sonder tal
En ek weet die winter kom weer
Met sy sneeu wat ewig val

Ek ken die Rynland-nagte
Die Alpe met sy sneeu
Die Swartwoud se geheime en die liedjie van 'n meeu

Maar hier buite sterf die somer
En ek sien die blare val
En iewers skyn die somerson
Op die velde van Transvaal

En êrens dreun die branders
Aan die strande van Natal

Ek sit soms en ek luister
Of ek dalk in die wind
Die Vrystaat en die Boland
Se stemme terug kan vind

Ek ken die Spaanse nagte
Die Alpe met sy sneeu
Ou Amsterdam se gragte en die liedjie van 'n meeu

Maar hier buite sterf die somer
En ek sien die blare val
En iewers skyn die somerson
Op die velde van Transvaal

En êrens dreun die branders
Aan die strande van Natal

Êrens dreun die branders
Aan die strande
Van Natal
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Najaarsdroom lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the calculator
2| symbol at the top of the padlock
3| symbol at the bottom of the star
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid