song lyrics / Piet Smit / My Pa Is Die Koning lyrics  | FRen Français

My Pa Is Die Koning lyrics

Performers Danie BothaPiet Smit

My Pa Is Die Koning song lyrics by Piet Smit official

My Pa Is Die Koning is a song in Afrikaans

Jy glimlag so breed as jy my vriendelik groet
Jy lyk tog so selfversekerd
Met die wêreld aan jou voete
Voel jy soos 'n reus, bly die lewe 'n fees

As teëspoed jou tref dan skeel dit jou min
Dit lyk of jy dans as jy loop
Ek kon dit nooit verstaan nie
Ek moes die antwoord hê en toe hoor ek jou sê

My Pa is die Koning van die Heelal jy weet en kom wat wil ek sal dit nooit vergeet nie
Die wind kan waai, die berge kan val, Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal
Ek's die Koning se kind, ja dit maak my 'n prins, my lewe is Christus selfs die dood is 'n wins
Vir niks is ek bang nie dit sê ek jou nou, my Pa is die Koning onthou

Hoe moes ek nou voel ek wens ek was jy
Maar ek's net 'n gewone ou
Dit klink so onregverdig
Om 'n Koning te hê vir wie jy Pa kan sê

Toe't jy my genooi jy sê kom luister nou mooi
Kan jy tog so gou vergeet
Ons is mede erfgename
En toe ek my kon kry toe sê jy vir my

Jou Pa is die Koning van die Heelal jy weet en kom wat wil jy moet dit nooit vergeet nie
Die wind kan waai, die berge kan val, Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal
Jy’s die Koning se kind, ja dit maak jou 'n prins, jou lewe is Christus selfs die dood is 'n wins
Vir niks is jy bang nie , o wat sê ek nou, jou Pa is die Koning onthou

My Pa is die Koning van die Heelal jy weet en kom wat wil ek sal dit nooit vergeet nie
Die wind kan waai, die berge kan val, Hy't gesê Hy voorsien en Hy sal
Ek's die Koning se kind, man dit maak my 'n prins, my lewe is Christus selfs die dood is 'n wins
Vir niks is ek bang nie dit sê ek jou nou, my Pa is die Koning onthou

My Pa is die Koning
Onthou
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for My Pa Is Die Koning lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the envelope
2| symbol at the bottom of the camera
3| symbol at the bottom of the cloud
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid