song lyrics / Piet Smit / Molberge lyrics  | FRen Français

Molberge lyrics

Performer Piet Smit

Molberge song lyrics by Piet Smit official

Molberge is a song in Afrikaans

Jou naam besing verlore ou fonteine
En tower beelde van oases langs die pad
Maar ver al wys die torings van die myne
Jou skoonheid lê veel dieper
In die hart
En ek onthou

Op 'n manier was daar maar net dieselfde vrede
Die neig mos om te woon net waar hy wil
En daal ek af in skagte na benede
Die verlede
Word die rammelende ratte langsaan stil

En die dreuning in jou buik skud snags die mure
En bring flitse van blou blitse in 'n skag
Waar mans soos molle in die diepdroom-ure
Goud breek uit die brandkluis van die nag
En ek onthou

Ek onthou nog soms nog die misreën in Augustus
Uit die newelige berge van die mol
Die gelantenheid van mense wat gerus is
Maar bewus is
Hierlangs is die wêreled halfpad hol

Daar was legendes van die vreemdste avonture
Diep-diep in die mensgemaakte berg
En saans in grotte om die bendevure
Het die ligspel teen grou wande al's verdwerg
En ek onthou

Daar was 'n huis met 'n kombuis en greinhouttafel
En ses mense het gedeel in lief en leed
En mettertyd het alles uitgerafel
Maar wat die leed was het ek jare terug vergeet

Maar ek onthou en delf nog goud uit die verlede
Uit die newelige berge van die mol
En droom en bou al vreet die vrees my vrede
En al is my eie wêreld halfpad hol

En droom en bou al vreet die vrees die vrede
Want die wêreld is maar oral halfpad hol
En ek onthou
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Molberge lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the bulb
2| symbol at the top of the eye
3| symbol at the bottom of the television
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid