song lyrics / Piet Smit / Hierdie Koning lyrics  | FRen Français

Hierdie Koning lyrics

Performer Piet Smit

Hierdie Koning song lyrics by Piet Smit official

Hierdie Koning is a song in Afrikaans

Die seuntjie en die stal in Betlehem
Was 'n regte seuntjie gewees
Gebore gewone werker
Maar ontvang van die Heilige Gees

Verwerp, misken, verneder
Deur die mense van Sy dag
Want wie sou ooit uit Nasaret
'n Koning verwag?

Maar hierdie seuntjie het groter geword
En deur die Gees gelei
Ten spyte van Sy Godheid
Net 'n gewone mens gebly

En al was Hy die Heerser van die skepping gewees
Was Hy 'n doodgewone seuntjie
Gesalf en sonder sonde, deur die Heilige Gees

Die timmerman van Nasaret was 'n gewone man gewees
Die teernes in sy oë
Was die liefde van die Heilige Gees

Verwerp, vervolg, beledig
Deur die leiers van Sy dag
Want wie sou ooit 'n Koning tussen armes en siekes verwag?

Ja hierdie Koning was gehoorsaam gewees
Aan wat Sy vader hom vra
Ten spyte van Sy Godheid
Het Hy Sy dienaar se las gedra

En al was Hy die Heerser van die skepping gewees
Was Hy 'n doodgewone man
Wat harte weer kon heel maak en siekes genees

Die spykers in Jesus se hande
Was regte spykers gewees
Die Koning van die Jode
Het die teken bo sy kop gelees

Vervloek, vermink, gemartel
Deur die mense daardie dag
Want wie sou ooit 'n Koning stukkend aan 'n kruis verwag?

Ja hierdie Koning het Sy lewe gegee
Hy't volkome gely
Ten spyte van my sonde
God se prys betaal vir my

En daardeur het hy finaal die hel se magte verslaan
Hy was drie dae lank begrawe
Maar deur die krag van God se Gees
Weer opgestaan

Ja hierdie Koning is Waardig en Heilig
Hy's op die troon
Tenspyte van myself
Wil hierdie Koning in my woon

Ja hierdie Koning is al wat ek in my lewe begeer
Hy is die Weg, die Waarheid, die Lewe
Ek glo dit, ek weet dit verseker, hierdie Koning kom weer
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Hierdie Koning lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the thumbs up
2| symbol to the left of the smiley
3| symbol at the bottom of the clock
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid