song lyrics / Piet Smit / Die Hemelboer lyrics  | FRen Français

Die Hemelboer lyrics

Performer Piet Smit

Die Hemelboer song lyrics by Piet Smit official

Die Hemelboer is a song in Afrikaans

Ek sien in my gedagtes
'n Land vol oesryp graan
Wat eendag skielik onverwags voor die sekel se lem gaan staan
En ritmies bring die sekel die oes in van die land
Die koring staan nou weerloos teen die krag in die Boer se hand

En besef jy
Besef jy
Hoe sekuur daardie sekel sny?
Gaan jy dalk kaal en verlate en koud en alleen in die land agterbly?

En ek sien hoe die wa die gerwe na die dorsvloer toe karwei
Want daar wag die werkers om die koring en die kaf te skei
En die ywerige hande sprei die oes uit op die vloer
Die koring lê nou weerloos voor die voete van die Boer

En besef jy
Besef jy
Daar's 'n skaal in die Here se hand
Sal Hy jou by die koring in die sakke wil hê of gaan jy dalk op die hooimied beland?
Sal Hy jou by die koring in die sakke wil hê of gaan jy dalk op die hooimied beland?

Ek sien die vreugde in die hemel, kan jy jou dit ook verbeel?
As die Hemelboer Sy koring in Sy meule maal tot meel
En ek glo die Heiland glimlag oor die ryp oes uit Sy land
Want die vrug op al Sy arbeid is nou vir ewig hier in Sy hand

En besef jy
Besef jy
Daar's 'n lewe na die aardse dood
As die meule in die hemel jou maal tot meel vir die Here se hemelbrood
As die meule in die hemel jou maal tot meel
Vir die Here se hemelbrood
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Die Hemelboer lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the thumbs up
2| symbol to the left of the cross
3| symbol at the top of the calculator
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid