song lyrics / Koos Du Plessis / Om Deur Te Breek lyrics  | FRen Français

Om Deur Te Breek lyrics

Performer Koos Du Plessis

Om Deur Te Breek song lyrics by Koos Du Plessis official

Om Deur Te Breek is a song in Afrikaans

Om Deur Te Breek

Om deur te breek deur dit wat mense
sien as perk van jou vermoë:
om vas te weet die gees se grense
word bepaal deur wat jy glo
Om van die wȇreld om en in jou
te bewaar vir diѐ wat kom
om alles wat die lewe inhou
na te speur tot by die bron.

Om te verfyn wat onvolmaak is,
die gees se vlugte vas te pen,
om aan te gryp wie ongeraak is,
om skerp te kyk en diep te ken

Om na te streef wat hoog en blink is
en in jou grootheid klein te bly
om te bepeins wat nooit gedink is
en jou neerslae te bely

Om deur te breek deur dit wat mense
sien as perk van jou vermoë
om vas te weet die gees se grense
word bepaal deur wat jy glo
Om voort te gaan as ander ophou
selfs van vooraf te begin
om uit die puin weer te kan opbou
en jou neerslae te oorwin.
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.
Writers: DU PLESSIS, KOOS DU PLESSIS

Comments for Om Deur Te Breek lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the target
2| symbol at the bottom of the smiley
3| symbol to the left of the heart
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid