song lyrics / Koos Du Plessis / Vier Horisonne lyrics  | FRen Français

Vier Horisonne lyrics

Performer Koos Du Plessis

Vier Horisonne song lyrics by Koos Du Plessis official

Vier Horisonne is a song in Afrikaans

Vier horisonne

Lank, lank gelede,
in n ver eeu van vrede,
het elkeen sy koring vergaar.
Toe kom daar n wysaard
en sê: Net n skerp swaard
sal al hierdie rus kan bewaar,
kan bewaar, kan bewaar.

En die klip uit die aarde
giet gloeiende swaarde,
want almal met ore kon hoor.
Ja, die hart van die aarde
skenk gloeiende swaarde,
en wie wil die vrede verloor?

En so is die koring deur
dissel en doring verdring
waar die plethamers dreun.
En toe die landbouer
omkyk oor sy skouer,
gewaar hy, met skrik, hy's alleen,
hy's alleen, hy's alleen.

Want die klip uit die aarde
word glimmende swaarde,
en die ploeë verroes op die land.
O, die klip uit die aarde
word singende swaarde,
en werkywer val voor verstand.

Want honger kom fluister
aan dié wat sou luister:
Die swaard koop die oes op die land
wat doen hý vir vrede?
Kom maak hóm die skede
van elke blink swaard in n hand,

in n hand, in n hand.
En die klip uit die aarde
word bloeiende swaarde,
wat vrede bewaar tot die dood.
Ja, die hart van die aarde
giet gloeiende swaarde
wat koring verbrysel tot brood.

Lank lank gelede,
het die boodskap van vrede
versprei soos die windroos se saad:
die swart walg van roes
en die arbeid se oes
kan jy nie by n landbouer laat...
da-da-da, da-da-da.

En oor vier horisonne
sluip grafstil kolonne,
en min wat dit sien wil verstaan.
Ja, oor vier horisonne
kruip donker kanonne
geëts in n bloeiende maan.
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Vier Horisonne lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the target
2| symbol at the bottom of the calculator
3| symbol at the bottom of the house
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid