song lyrics / Carike Keuzenkamp / Jellie En Vla lyrics  | FRen Français

Jellie En Vla lyrics

Performer Carike Keuzenkamp

Jellie En Vla song lyrics by Carike Keuzenkamp official

Jellie En Vla is a song in Afrikaans

Ghoegoe lê in die hospitaal
Haar mangels is gister uitgehaal
Saam met die maatjies gaan kuier vir haar
Ons gee die presente en blomme vir haar

Die dokter gebruik haar stetteskoop
Sy gee vir haar pille en bloedrooi stroop
(Ek kan nie sluk nie my keel is seer)
(Ek wil net weet wat kan ek eet, hmm)

Jellie en vla, want wie kan nou kla as jy bietjie siek is dan kan jy net vra
Vir Jellie en vla, want wie kan nou kla
Daai bietjie soet skop die kiem in die voet
As jy bietjie seer is, as jy net alleen is, as jy bietjie lus is vir jellie en vla

Hier is 'n boekie om te lees
Want dis mos nie lekker om siek te wees
('n Beertjie wat jy in jou arms kan hou)
('n Kaartjie wat ons klomp gemaak het vir jou)

Die suste kom in haar keeltjie kyk
En ook hoe haar koors en bloeddruk lyk
Sy vra hoe sy voel en sy glimlag vir haar
En lui toe die klokkie, besoektyd is klaar

Jellie en vla, want wie kan nou kla as jy bietjie siek is dan kan jy net vra
Vir Jellie en vla, want wie kan nou kla
Daai bietjie soet skop die kiem in die voet
As jy bietjie seer is, as jy net alleen is, as jy bietjie lus is vir jellie en vla

(Ek hoop jy voel gou beter)
(Word nou net gesond)
Kom tog gou-gou huis toe
Terug na jou maatjies en Ghoempie toe

Jellie en vla, want wie kan nou kla as jy bietjie siek is dan kan jy net vra
Vir Jellie en vla, want wie kan nou kla
Daai bietjie soet skop die kiem in die voet
As jy bietjie seer is, as jy net alleen is, as jy bietjie lus is vir jellie en vla

Lus vir jellie en vla
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Jellie En Vla lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the trash
2| symbol at the top of the suitcase
3| symbol at the top of the star
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid