song lyrics / Carike Keuzenkamp / Die Padda lyrics  | FRen Français

Die Padda lyrics

Performer Carike Keuzenkamp

Die Padda song lyrics by Carike Keuzenkamp official

Die Padda is a song in Afrikaans

Die ou paddas skuil, in die water kuil en hy begin te wonder
Hoe die wêreld lyk waar die blomme pryk, hoe anders as daar onder
Ja, hy wil gaan kyk hoe die wêreld lyk, daardie wêreld bo die water
Waar die voëltjies sing en 'n padda kan spring en hy kan nie wag tot later

O, die lewe bo die water waar die voëltjies so snater, die besies in die bome
Waar die springkane spring en die kriekies kriek en die muggies gons oor die strome

Die ou padda klim want hy dink hy's slim, hy klouter uit die water
Hy klim en wip op 'n yster klip en hy begin te snater
Want nou kan hy kyk hoe die wêreld lyk, die wêreld bo die water
Waar die voëltjies sing en 'n padda kan spring, waar hy kan sing en skater

Die ou padda kyk en hy dink hy's ryk, daar is so baie kossies
Want die vlieggies vlieg en die muggies gons en die motte blink op die bossies
Want die padda weet nou kan hy maar eet in die wêreld bo die water
Maar die reier kom en die padda word stom, want die reier staan en snater

O, die baie lekkernye vir 'n padda daar te krye, die motte en die vlieë
Maar die padda skrik hom stom, want die reier het gekom en die padda word so verleë

Want die paddatjie die weet die ou reier wil hom eet, al is dit nou of later
Waar die springkane spring en die voëltjies sing, in die wêreld bo die water

O, die paddatjie vergeet al die goed wat hy wil eet in die wêreld bo die water
Waar die springkane spring en die sonbesies sing en die voëltjies lag en skater

Want die padda moet nou vlug, ja die padda duik terug, want die reier staan en skater
Maar die padda is nou los, hy was amper reier kos, dit is beter diep in die water
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Die Padda lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the clock
2| symbol to the left of magnifying glass
3| symbol at the bottom of the house
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid