song lyrics / Carike Keuzenkamp / Honde, Honde lyrics  | FRen Français

Honde, Honde lyrics

Performer Carike Keuzenkamp

Honde, Honde song lyrics by Carike Keuzenkamp official

Honde, Honde is a song in Afrikaans

Wanneer ek soms met ons straat af stap, is daar honde by elke huis
Daar's wittes en gryses, swart en bruin, daar's honde net waar jy kyk
Allerhande kleure en geure
Lê voor die deure
Daar's grootes en kleintjies, reuntjies en teefies, rufrug, boerboel en 'n pikanees

Die Franse poedel is so sjarmant, stap straat af aan haar nooi se hand
Sy kom nou net van 'n pedikuur, en strikkies wat elke oor versier
Oral in dieselfde straat, staan 'n Border Kollie en sy maat
Die Staffie wys die Kollie waar hul laat aand vir die maan kan blaf

Daar's honde oral rond
Daar's 'n hond vir elke huis
Daar's allerhande soort en allerhande kleure, daar's 'n hond vir elke huis

'n Worshond sleep sy lang bruin lyf, verby 'n kat wat wag vir 'n muis
Die kat se rug is krom gebuig, hy's bang die hond kry dalk die muis
'n Wit Maltesie en sy maats speel bal en hardloop op die gras
Hul hardloop spring en vang die bal, die seuntjie draf so al wat hy kan

Die Wolfhond en die Labrador, doen albei baie goeie werk
Die een vang skelms op die misdaad front en die ander lei blindes oral rond
Honde net waar jy kyk
Party is groot en ander klein
Party blaf hard en ander blaf sag, party kan jou sommer lekker laat lag

Daar's honde oral rond
Daar's 'n hond vir elke huis
Daar's allerhande soort en allerhande kleure, daar's 'n hond vir elke huis

Daar's honde oral rond
Daar's 'n hond vir elke huis
Daar's allerhande soort en allerhande kleure, daar's 'n hond vir elke huis

Daar's allerhande soort en allerhande kleure, daar's 'n hond vir elke huis
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Honde, Honde lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the padlock
2| symbol at the top of the eye
3| symbol to the left of the house
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid