song lyrics / Carike Keuzenkamp / Dis My Seun lyrics  | FRen Français

Dis My Seun lyrics

Performer Carike Keuzenkamp

Dis My Seun song lyrics by Carike Keuzenkamp official

Dis My Seun is a song in Afrikaans

In die verre verskiet van die Genesis boek
Het Izak die hout op sy skouers gedra
Die kind van belofte het offer geword
Die pad was te lank
En ook tog te kort

Met die donker geheim in die vader se hart
En 'n seun wat in onskuld 'n lam
Wou gaan soek

Dis my seun, o God, my enigste kind
Wat word met sy bloed gekoop
Maar Here U weet, U alleen kan verstaan
Hoe lank en hoe diep ek moes hoop

Dis my seun

In die latere tyd
Van Markus, Matteus
Het Jesus die die hout op Sy skouers gedra

Die Seun van belofte het offer geword
Die pad was vol spotters, maar Hy het geweet
Van die ou ou geheim in die Vader se hart
Wat lewe in oorvloed vir almal sou bied

Dis my Seun, o mens, My enigste Kind
Wat jou met Sy bloed gaan koop
Lank voor die skepping het Ek jou aanskou
Beplan Ek verlossing vir jou

Dis my Seun, o mens, My enigste Kind
Wat jou met Sy bloed gaan koop
Lank voor die skepping het Ek jou aanskou
Beplan Ek verlossing vir jou

Dis my Seun
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Dis My Seun lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the thumbs up
2| symbol to the left of the star
3| symbol to the left of the cross
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid