song lyrics / Carike Keuzenkamp / Dieremaniere lyrics  | FRen Français

Dieremaniere lyrics

Performer Carike Keuzenkamp

Dieremaniere song lyrics by Carike Keuzenkamp official

Dieremaniere is a song in Afrikaans

Diere het maniere
Elkeen het sy giere
Elke dier doen sy eie ding

Luister bietjie mooi
Ek gaan jou nou vertel
Diere het maniere net soos ek en jy

'n Slang en 'n beer
Hulle slaap die hele winter deur, in die somer soek hul kos dan moet jy oppas meneer
'n Uil jag in die donker en slaap weer in die dag
Apies swaai in die bome rond hulle speel en raas en lag

'n Koketiel en papagaai, kan praat net soos jy
En 'n Piet-my-vrou soek altyd 'n maat om by te bly
Verkleumannetjie het mos 'n reënboog in gepak
Hy kan sy kleur verander, dan sien jy hom nie raak

Diere het maniere
Elkeen het sy giere
Elke dier doen sy eie ding

Luister bietjie mooi
Ek gaan jou nou vertel
Diere het maniere net soos ek en jy

'n Swaeltjie gaan oorsee as die winter hier kom draai
Hulle kom weer in die lente terug en bou hul nessies fraai
'n Padda woon in die water, maar ook op droë grond
En 'n hasie en 'n kat is mos baie bang vir 'n hond

'n Duisendpoot het baie bene hy raak net deurmekaar
En maak jy net 'n muishond skrik dan kry jou neus so swaar
Oom skilpad loop so stadig maar sy huis loop saam met hom
Hoenderhaan kraai elke dag net voor die son op kom

Diere het maniere
Elkeen het sy giere
Elke dier doen sy eie ding

Luister bietjie mooi
Ek het jou nou vertel
Diere het maniere net soos ek en jy

Diere het maniere net soos ek en jy
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.
Writer: JOHAN GROENEWALD

Comments for Dieremaniere lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the envelope
2| symbol at the bottom of the cross
3| symbol at the top of the suitcase
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid