paroles de chanson / Valiant Swart parole / Mystic Boer lyrics  | ENin English

Paroles de Mystic Boer

Interprète Valiant Swart

Paroles de la chanson Mystic Boer par Valiant Swart lyrics officiel

Mystic Boer est une chanson en Afrikaans

Op 'n vaal vlakte het ons hom die eerste keer gewaar
Hy't snaaks gedans en weggeraak in 'n waas van walms en wind
Daar was klowe in die verte en die son was nog jonk
En grys voëls het ons dopgehou toe ons onder die oggend vir mekaar geknik het

Ons gaan hom jaag
Die newels het gewink
Die dag het geruik na nuwe bloed
En gebreek

Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die swart perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer
Oor sy skouer

Ons loop deur die leegte met ons oë vasgepen op 'n stofwolk waar sy voete die aarde ontstig het met passies vol punk en plesierigheid

Die môrestond het ons blink gesmeer met vars hoop op geluk en wysheid en vreugde en vure vol verskeidenheid
En lig

Na die berge
Na die klowe
Na die spelonke dwarrel die gees
Terwyl ons, die jagters, hom bestorm
Met nette
En tralies
En tyd

Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die swart perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer
Oor sy skouer

Skielik was daar niks
Behalwe 'n vaal vlakte en die son was ons alleen met water en jeans
Die danser was weg

Teen middernag was die maan treurig en mooi
Die grond het gesmaak na sout
En toe die nuwe oggend opstaan uit die berg
Het grys voëls ons dopgehou

So as jy hom sien
En jy wil hom soek
Doen dit gerus
Want dis 'n groot avontuur
Alhoewel jy eindig
Waar jy begin het

Veertig dae en veertig nagte
Soek ons die mystic boer
Maar soos die swart perde van middernag-gedagtes
Bly hy op sy hoede en loer

Oor sy skouer met 'n vreemde grynslag
En dans in die nánag met die maan
Oor sy skouer met 'n oog wat uitdaag
Kom nader, kom vra my my naam

Ek's die mystic boer
Die mystic boer
Die mystic boer
Ek's die mystic boer
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Mystic Boer

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du pouce en l'air
2| symbole à gauche de la cible
3| symbole à gauche du coeur
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid