paroles de chanson / Valiant Swart parole / Die Wyntannies lyrics  | ENin English

Paroles de Die Wyntannies

Interprètes Valiant SwartOllie Viljoen

Paroles de la chanson Die Wyntannies par Valiant Swart lyrics officiel

Die Wyntannies est une chanson en Afrikaans

Die witwyn tannie met die sweetpakbroek
Die rooiwyn tannie wat so lekker kan vloek
Die brannewyn tannie met die krismiskoek
Die soetwyn tannie met die Weskus snoek

Ek sit in 'n jacuzzi by 'n sewe ster oord
Met 'n skemerkelkie toe ek skielik stemme om my hoor
Ek ruik menthol sigarette en ek sien net bangles blink
Vier vroumense op die patio wat skinder en rinkink

Mans is kamma almal sleg, en hier te lank en daar te kort
Ek dag ek vat my weg en ek staan op om te gaan stort
Ek klim uit en maak my toe in my sewe ster japon
En staan en kyk die uitsig van die swembad se balkon

Met my buitelyne afgeëts teen die ondergaande son
Hoor ek ene roep, kom vat 'n ietsie saam met ons
Ek draai om en hulle lag en ek dag, ah hoekom nie
En ek stap oor en stel my voor en ek sê en julle wie's nou wie

Die witwyn tannie met die sweetpakbroek
Die rooiwyn tannie wat so lekker kan vloek
Die brannewyn tannie met die krismiskoek
Die soetwyn tannie met die Weskus snoek

Later raak dit donker en die sterretjies kom uit
Ek sit steeds in my japon en gee my oor aan die joolheid
My stuitige vriendinne dans jacuzzi toe met my
Ek struikel oor my sinne en hulle laat my voorgevoel my lei

Een vra my so vriendelik om haar gloeilamp om te ruil
En een om te kom kyk of daar 'n booswig in haar struike skuil
Een versoek my liefies om haar blindings af te trek
En een om te kom seker maak of al haar krane werk

Die witwyn tannie met die sweetpakbroek
Die rooiwyn tannie wat so lekker kan vloek
Die brannewyn tannie met die krismiskoek
Die soetwyn tannie met die Weskus snoek

Wat kon ek doen, 'n man het mos sy plig
Om te help om die behoeftes van sy naaste te verlig
'n Sewe ster herinnering, ek glimlag in my bier
Oor die sugte van verligting van daai vrolike vier

Die witwyn tannie met die sweetpakbroek
Die rooiwyn tannie wat so lekker kan vloek
Die brannewyn tannie met die krismiskoek
Die soetwyn tannie met die Weskus snoek

Die witwyn tannie met die sweetpakbroek
Die rooiwyn tannie wat so lekker kan vloek
Die brannewyn tannie met die krismiskoek
Die soetwyn tannie met die Weskus snoek
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Die Wyntannies

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche de l'oeil
2| symbole à gauche de la maison
3| symbole à droite de l'enveloppe
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid