paroles de chanson / Jak de Priester parole / So Jaar In Die Son lyrics  | ENin English

Paroles de So Jaar In Die Son

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson So Jaar In Die Son par Jak de Priester lyrics officiel

So Jaar In Die Son est une chanson en Afrikaans

Dis brandewyn en dis politiek
As die Springbokke in al daai polle miek
Dis Margaret se foto en Marelise se fiets
Maar die Huisgenoot haal met die verkeerde nuus

As Boer Soek ‘n Vrou en as boer soek ‘n ou
Dis Patricia De Lille en is Steve se wil
Dis Greta wie't se boek en dis Koekkedoor se koek
Maar weet ons hoeveel mense net bietjie liefde soek?

As die Afriforum en die EFF
As skole wat brand, ja die wêreld is maar zef
As Amor Vittone wat vir ‘n TV moes veg
Maar weet ons met hoeveel mense gaan dit bitter sleg?

Waar was die mooi Kaapse reën
Waar’s Annelien Kriel
Waar’s respek vir mekaar
Waar’s die kos vir my siel
Waar’s Madiba se drome
En Angus se gebed
Waar’s die dag waar ons saam staan
Om hiedie mooi land te red?

Waar’s die Bokke se glorie
Waar’s kuns en kultuur
Waar’s die boere se plaase
Sonder ‘n veiligheids muur
Gee my net so bietjie vrede
En my gees weer kan blom
Gee my net so bietjie asem
Of so jaar in die son

As die Blou Bulle se rugby
As Derik en Nadine
Karlien post ‘n foto
En almal wonder saam met wie?

‘n Steinhoff en Markus Jooste
Sy girlfriend en ‘n perd
Maar hoeveel mense se lewens
Is al lankal niks werd?

Dis Cyril Ramaposa
En Pik Botha se dood
Daai kinders by Driehoek Hoërskool
Duisende mense is in die nood

Dis Oscar en dis Roode
Dis Henry van Breda
So baie geld maar so min liefde
Maar niks kon vir Zuma pla

Waar was die mooi Kaapse reën
Waar’s Annelien Kriel
Waar’s respek vir mekaar
En waar’s die kos vir my siel
Waar’s Madiba se drome
En Angus se gebed
Waar’s die dag waar ons saam staan
Om hiedie mooi land te red?

Waar’s die Bokke se glorie
Waar’s kuns en kultuur
Waar’s die boere se plaase
Sonder ‘n veiligheids muur
Gee my net so bietjie vrede
Dat my gees weer kan blom
Gee my net so bietjie asem
Of so 'n jaar in die son

Dis Afrikaans is die vyand
Dis Afrikaans is groot
Dis Afrikaans op die vlaktes
Dis Afrikaans is dood

Dis Afrikaans in die spervuur
Dis Afrikaans oorsee
Dis Afrikaans in die monde
Van ons kinders ek weet

Waar was die mooi Kaapse reën
Waar’s Annelien Kriel
Waar’s respek vir mekaar
En waar’s die kos vir my siel
Waar’s Madiba se drome
En Angus se gebed
Waar’s die dag waar ons saam staan
Om hiedie mooi land te red?

Dis die Kaap sonder water
Dis ‘n land sonder krag
Dis Christo Wiese sonder al daai baie geld
Dis ‘n traan met geen lag

Dis Facebook en dis Instagram
Gesigte sonder ‘n stem
Dis ‘n wêreld op sy knieë
Al glo ons almal ons wen

Gee my net so bietjie vrede
Dat my gees weer kan blom
Gee my net so bietjie asem
Of so 'n jaar in die son
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de So Jaar In Die Son

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de l'oeil
2| symbole en bas de l'appareil photo
3| symbole en bas de la valise
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid