paroles de chanson / Jak de Priester parole / Reis Na Gister lyrics  | ENin English

Paroles de Reis Na Gister

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Reis Na Gister par Jak de Priester lyrics officiel

Reis Na Gister est une chanson en Afrikaans

Ek staan vandag hier
Voor die huis van my jeug
My klein stukkie aarde as kind
Maar die huis is gesloop
Daar is niks van die oor nie
Behalwe die boom
Wat my pa nog geplant het

Ek loop vandag weer
Op my spore van gister
Om te sien waar dit alles begin
Maar daar was ‘n lewe
Soveel jare gelede
Is nou net ‘n boom in die son

Ek reis na gister
Om my drome te gaan soek
Wat ek gedroom het langs die pad
Geskryf het in my boek

En ek staan weer voor my kamer
Daar's niks meer van dit oor
En ek hoor my ma se stem
Is dit die angels wat ek hoor?

Ek onthou nog vir Buksie
Was my hond en my vriend
Hy’t my oral gevolg waar ek gaan
En die treinspoor se treine
Het my drome geword
Ek wil inklim en iewers heen gaan

Die winters was ysig
As ons skool toe moes loop
Ons het wasem geblaas
Dit het gelyk of ons rook
En na skool oppad huis toe
Het ons klippies gegooi
Langs die treinspoor
Vir elkeen ‘n droom

Ek reis na gister
Om my drome te gaan soek
Wat ek gedroom het langs die pad
Geskryf het in my boek

En ek staan weer voor my kamer
Daar's niks meer van dit oor
En ek hoor my ma se stem
Is dit die angels wat ek hoor?

En die tyd staan skielik stil
Ek mis my ma se kos
Ek staan weer voor ons huis
Ek sal my hart weer hier moet los

Ek reis na gister
Om my drome te gaan soek
Wat ek gedroom het langs die pad
Geskryf het in my boek

En ek staan weer voor my kamer
Daar's niks meer van dit oor
En ek hoor my ma se stem
Is dit die angels wat ek hoor?

Is dit die angels wat ek hoor?
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Reis Na Gister

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut de la croix
2| symbole en haut de l'horloge
3| symbole en bas de la calculatrice
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid