paroles de chanson / Jak de Priester parole / Pajamadril Vastrap lyrics  | ENin English

Paroles de Pajamadril Vastrap

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Pajamadril Vastrap par Jak de Priester lyrics officiel

Pajamadril Vastrap est une chanson en Afrikaans

Daar’s 'n Pekingese wat snork
By ons dubbelbed se voet
Daar is ‘n baba wat kreun
Dat sy mamma hom moet voed

Dit is my vroutjie wat hier slaap
Dat sy ‘n bietjie rus kan kry
Met die koms van die kind
Sal ons ‘n bietjie minder vry

Daar’s ‘n horlosie wat tik
Wat my helder wakker hou
Die lewe is fantasties
Maar die opwinding is vlou

Daar is druppels op die dak
Wat ons tuintjie nat sal lei
As Freddy môre nie opdaag nie
Sal ek die gras moet sny

Met die een voet is ek in
En die ander voet is ek uit
Met 'n baba in die huis word jy in die diepkant in gesmyt

Met die een hand vat ek raak
En die ander hand vat ek mis
Maar op een ding is ek seker
Dis die einde van my rus

Daar’s ‘n liedjie in my kop
En eintlik moet ek slaap
Daar is ‘n windjie in my baba
Ons moet hom uitvryf as hy slaap

Daar is 'n skoon geskeurde Poodle
Wat my bene vas bly lê
As ons seuntjie net wil latch
Sal ons ‘n goeie nag rus hê

Maar met die een voet is ek in
En die ander voet is ek uit
Met ‘n baba in die huis word jy in die diepkant in gesmyt

Met die een hand vat ek raak
En die ander hand vat ek mis
Maar op een ding is ek seker
Dis die einde van my rus

Kan iemand vir my sê wat van Zola Budd geword het?
Kan iemand vir my sê wat van ons land geword het?
Daar’s ‘n boek hier langs my bed
Wat ek nog klaar moet lees
Hulle verduidelik in die boek hoe om ‘n goeie pa te wees

Maar met die een voet is ek in
En die ander voet is ek uit
Met ‘n baba in die huis word jy in die diepkant in gesmyt

Met die een hand vat ek raak
En die ander hand vat ek mis
Maar op een ding is ek seker dis die einde van my rus

Maar met die een voet is ek in
En die ander voet is ek uit
Met ‘n baba in die huis word jy in die diepkant in gesmyt

Met die een hand vat ek raak
En die ander hand vat ek mis
Maar op een ding is ek seker dis die einde van my rus

Daar’s ‘n puisie op my boud wat my ongemaklik maak
Maar boude sonder puisies is nie boude nie
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Pajamadril Vastrap

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du téléviseur
2| symbole en haut du coeur
3| symbole en haut de l'horloge
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid