paroles de chanson / Jak de Priester parole / Kleinmond Gedig lyrics  | ENin English

Paroles de Kleinmond Gedig

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Kleinmond Gedig par Jak de Priester lyrics officiel

Kleinmond Gedig est une chanson en Afrikaans

Jy’s so mooi soos ‘n ou gedig
Hier waar ons twee na Kleinmond vlug
Jy's so mooi soos ‘n ou gedig op die Groenberg se rug

Jy's so mooi soos ‘n ou gedig
Ek lees verse in jou oë as jou gedagtes vlug
Want jy’s so mooi soos ‘n ou gedig in kleinmond se lig

Ek vleg die son se strale deur jou hare
Ek drink die see se vryheid uit jou mond
Ek maak liedjies uit die rotse van jou lyf
En jou oë se kleure maak my gesond

Die son se strale skryf jou naam
As die branders soos ‘n weerlig teen die rotse slaan
By Palmiet se poele sê ek vir jou
Almal is op Stilbaai maar ek bly hier by jou

Want jy's so mooi soos ‘n ou gedig
Hier waar ons twee na Kleinmond vlug
Jy's so mooi soos ‘n ou gedig
Op die Groenberg se rug

Jy’s so mooi soos ‘n ou gedig
Ek lees verse in jou oë as jou gedagtes vlug
Want jy's so mooi soos ‘n ou gedig
In Kleinmond se lig

Jy lyk soos ‘n meermin met die seesand teen jou wang
Hoeveel ek jou lief het maak my soms bang
As die son sy laaste buiging maak oor die see
Neem ons nog ‘n selfie drink nog een koppie tee

Ons droom oor die toekoms ek braai snoek op die vuur
Jy toons met my gedagtes op ‘n ou vals klavier
By Kleinmond se hawe sê ek vir jou
Daar's ‘n jol op Hermanus maar ek bly hier by jou

Want jy's so mooi soos ‘n ou gedig
Hier waar ons twee na Kleinmond vlug
Jy's so mooi soos ‘n ou gedig
Op die Groenberg se rug

Jy’s so mooi soos ‘n ou gedig
Ek lees verse in jou oë as jou gedagtes vlug
Want jy’s so mooi soos ‘n ou gedig
In Kleinmond se lig

My aircon is stukkend terug deur die Karoo
Maar alles is so beautiful en jy is so mooi
By Colesberg drink ons koffie daar’s nog seesand in my skoen
Daar’s mense oral om ons terwyl ek jou soen

Die pad raak te kort vir my te kort saam met jou
Na eenduisend kilos verlang ek na jou
Terug in Pretoria sê ek vir jou my pelle is in onrus
Maar ek bly hier by jou

Want jy’s so mooi soos ‘n ou gedig
Hier waar ons twee na Kleinmond vlug
Jy's so mooi soos ‘n ou gedig op die Groenberg se rug

Jy's so mooi soos ‘n ou gedig
Ek lees verse in jou oë as jou gedagtes vlug
Want jy’s so mooi soos ‘n ou gedig in Kleinmond se lig
Jy’s so mooi soos ‘n ou gedig
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Kleinmond Gedig

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à gauche de la maison
2| symbole en bas de l'enveloppe
3| symbole en haut de la valise
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid