paroles de chanson / Jak de Priester parole / Hugo Bel Die Polisie lyrics  | ENin English

Paroles de Hugo Bel Die Polisie

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Hugo Bel Die Polisie par Jak de Priester lyrics officiel

Hugo Bel Die Polisie est une chanson en Afrikaans

Êrens in Pretoria Noord
Woon Afrikaners uit ‘n ander oord
Mans loop sonder hemde
Of het vessies aan

Vrouens in ‘n sweet pak
Wat mekaar wil slaan
Kinders by dosyne
Ons teel so lekker aan

Honde op die beddens
En dwergies in die tuin
Die oudste kind al in die dertigs
En die kleintjie nog so klein

Daar’s ‘n man met net een been
Wat jou nou sal moer
Daar’s ‘n tannie wat sal gil
Soos ‘n regte

Sy sê Hugo
Bel die polisie
Want die bure hier oorkant
Het bietjie van ‘n riesie

Sy sê Hugo
Bel die polisie
Want die bure hier oorkant
Het bietjie van ‘n riesie

Daar’s brandewyn en coke
Daar’s Black Label langs die bed
Die dames is of bitter maar
Of anders mooi geset

Eendag stop ‘n karretjie
Hy’s wit en kort ‘n diens
Die buurvrou aan die oorkant
Sy laat niks ongesiens

Die vrouens gryp net hare
Slaan ‘n man met ‘n sambreel
Die man met net een been
Verbeel hom nog ‘n been

Die buurvrou hyperventilate
Haar selfoon deur die ruit
Die huurders in ‘n vuis geveg
Maandag is hul uit

Sy sê Hugo
Bel die polisie
Want die bure hier oorkant
Het bietjie van ‘n riesie

Sy sê Hugo
Bel die polisie
Want die bure hier oorkant
Het bietjie van ‘n riesie

Ek wonder altyd by myself
Wat moet die mense dink
Maar die buurman het ook gangrene
Hy loop so hinke pink

Maar wat van al die babas?
Wie gee die honde kos?
Selfs die duiwel woon in Waterkloof
Maar Jerry Springer is hier los

Almal het geemigreer
Die slimmes is nou weg
Maar Pretoria Noord gaan viral
Met ‘n Afrikaanse vuis geveg

Die buurvrou is next level
Met haar selfoon altyd reg
Sy borrel soos ‘n maag griep
Toe sy sien daar’s ‘n geveg

Sy sê Hugo
Bel die polisie
Want die bure hier oorkant
Het bietjie van ‘n riesie

Sy sê Hugo
Bel die polisie
Want die bure hier oorkant
Het bietjie van ‘n riesie

Want die bure hier oorkant
Het bietjie van ‘n riesie
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Hugo Bel Die Polisie

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas du téléviseur
2| symbole à gauche de la calculatrice
3| symbole en bas de l'horloge
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid