paroles de chanson / Jak de Priester parole / Gister Nog 4 lyrics  | ENin English

Paroles de Gister Nog 4

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Gister Nog 4 par Jak de Priester lyrics officiel

Gister Nog 4 est une chanson en Afrikaans

Vandag is jy vier jaar oud
Daar’s ‘n vonkel in jou oë
Want die ballonne wat bo jou bed hang
Die geskenke oral om jou

Jy lyk skielik so groot vir my
Al is jy saans maar nog bang
Om alleen in jou bed te slaap
Of te loop in die gang

Vandag is jy ses jaar oud
Dis jou eerste dag op skool
En jy versuip in daai klere
Ek neem ’n foto op my foon

Jy’s so cute met daai hals blek
En daai boek sak op jou rug
En jy’s dapper as ek jou groet
Maar ek ken al daai sug

En al gaan jy die wêreld nog eendag oorneem
Al gaan jy jou hart nog vir iemand uitleen
Al gaan jy ‘n huis bou en vir iemand lief raak
Sal jy my engel kindjie bly

Al gaan jy die wêreld nog eendag verstom
Al gaan jy oorsee reis op mooi plekke kom
Sal jy vir ewig kan weet waar jou huis is
My engeltjie kind

Vandag is jy dertien
En jy word ontgroen
Jy loop met eiers in jou sakke rond
Dis wat mens maar moet doen

Jy lyk skielik so klein vir my
As die graad twaalfs met jou praat
En jy spring op jou bicycle
En jy jaag deur die straat

En al gaan jy die wêreld nog eendag oorneem
Al gaan jy jou hart nog vir iemand uitleen
Al gaan jy ‘n huis bou en vir iemand lief raak
Sal jy my engel kindjie bly

Al gaan jy die wêreld nog eendag verstom
Al gaan jy oorsee reis op mooi plekke kom
Sal jy vir ewig kan weet waar jou huis is
My engeltjie kind

Vandag is jy agtien
En jy groet eers die skool
En jy klim in jou Corsa
En ry Margate toe

En my hart sit daar langs jou
Jy’s die koning op jou troon
Mag die son oor jou skyn my kind
Het jy airtime op jou foon?

En al gaan jy die wêreld nog eendag oorneem
Al gaan jy jou hart nog vir iemand uitleen
Al gaan jy ‘n huis bou en vir iemand lief raak
Sal jy my engel kindjie bly

Al gaan jy die wêreld nog eendag verstom
Al gaan jy oorsee reis op mooi plekke kom
Sal jy vir ewig kan weet waar jou huis is
My engeltjie kind

Vandag is jy mondig
Waar het die tyd heen gegaan
Ons hou partytjie vir jou en jou vriende
Ons roep almal jou naam

Ek het geweet hierdie dag sou kom
Maar jy was gister nog vier
Jy’t my geleer wat liefde is
Jy weet ek's altyd net hier
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Gister Nog 4

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en bas de l'horloge
2| symbole en bas de l'oeil
3| symbole en bas de l'ampoule
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid