paroles de chanson / Jak de Priester parole / Fotoboks lyrics  | ENin English

Paroles de Fotoboks

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Fotoboks par Jak de Priester lyrics officiel

Fotoboks est une chanson en Afrikaans

My eerste twintig jaar van my lewe se bestaan
Moes ek leer loop en praat om na ‘n groot skool toe te gaan
My ma sê ek was anders ek het my eie kop gehad
Maar ek was toe soos ek vandag is
Ek kon wakker lê tot laat

Ek onthou ons Vrystaat huis
Dit was nederig en goed
My broer was twee jaar ouer
Daar was liefde daar was bloed

En in die oggend as ons skool toe ry
Op my ligblou bommer fiets
Sou ons worshond agterna hol als verniet

En deur my eerste jare
Sou ek my hart verloor
Op talle eerste liefdes
By die sokkies van die skool

Ons sou close dans aan die einde
Met jou hier teen aan my
En my ma wat altyd waarsku
Dat ek eendag ver sou bly

So as jy gaan vat my saam
Trek ‘n mooi paar skoene aan
Neem ‘n foto waar jy glimlag
En voor die Eiffel Toring staan

Ry op treine loop die paaie
Want die lewe gaan verby
Neem ‘n foto vir jou fotoboks
Want as jy oud is
Dan gaan jy kyk

My tweede twintig jaar van my lewe se bestaan
Het ek die liggies van die stad gaan soek
En ek het Tikkies toe gegaan
Nog kind maar nou half mens
Moes ek besluit wat ek wou doen
Vir 'n ruk oorsee gaan woon en in ‘n
Ander taal gesoen

En ek moes vrede met myself maak
Ek moes die wêreld leer verstaan
Waar is my kinder drome
Waar het my ontskuld heen gegaan?

Maar in elke laat partytjie
Het ek jou altyd gevind
Dit was die beste van my twintig jaar
Ons huis ons eerste kind

So as jy gaan vat my saam
Trek ‘n mooi paar skoene aan
Neem ‘n foto waar jy glimlag
En voor die Eiffel Toring staan

Ry op treine loop die paaie
Want die lewe gaan verby
Neem ‘n foto vir jou fotoboks
Want as jy oud is
Dan gaan jy kyk

My laaste twintig jaar van my werkende bestaan
Moet ek skouer aan die wiel sit
Om alles te betaal
Ek moet die kinders almal groot kry
Al voel die tyd dan nou so min
Ek hoor my ma se goue woorde
Geniet die lewe dis die sin

So hier sit ek met ‘n glasie
Op ons laaste huis se stoep
My lewe is hier vas gevang
In 'n groot ou foto boek

Maar ek droom nogsteeds my drome
Ek hoor nogsteeds my ma se stem
Sy sê die lewe is wat jy dit maak
Maar mag jou hart die liefde ken

En as jy gaan vat my saam
Trek ‘n mooi paar skoene aan
Neem ‘n foto waar jy glimlag
En voor die Eiffel Toring staan

Ry op treine loop die paaie
Want die lewe gaan verby
Neem ‘n foto vir jou fotoboks
Want as jy oud is
Dan gaan jy kyk
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Fotoboks

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite du coeur
2| symbole en haut de l'horloge
3| symbole à droite de l'appareil photo
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid