paroles de chanson / Jak de Priester parole / Brood lyrics  | ENin English

Paroles de Brood

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Brood par Jak de Priester lyrics officiel

Brood est une chanson en Afrikaans

Vanoggend toe ek opstaan
Het die radio gesê
Dat die prys van brood moet laag bly
Die wêreld moet kos hê

Een glas wyn saam met vriende
Kan die hart lekker laat klop
Maar daar's min wat die hart so seer maak soos
Wanneer die liefde flop

En ek sien jou sit daar by die straat kafee net jy alleen
Daars ‘n traan wat oor jou wange rol en die wolke bring weer reën
‘n Stad vol mense om jou wat haastig heen beweeg
Maar vir jou het die wêreld stil gaan staan jou hart is koud en leeg

Ek gee vir jou brood as jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou ‘n smile as daar ‘n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde dis my daaglikse brood

Vanoggend toe ek opstaan
Het die radio voorspel
Dat die tyd op aarde min raak
Jy moet jou Ma hulle bel
Om te lag is medisyne
Wat die hart sy voedsel bied
Maar daar's min op hierdie aarde soos
‘n Goeie liefdes lied

En ek sien jou stap daar tussen die duiwe in die stad
Alleen met net jou trane in jou hart in jou hemp se sak
Dit lyk soos in ‘n movie dis net die musiek wat eintlik kort
Maar hier is vir jou my woorde dis my daaglikse brood

Ek gee vir jou brood as jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou ‘n smile as daar ‘n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde dis my daaglikse brood

Ek gee vir jou brood as jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou ‘n smile as daar ‘n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde dis my daaglikse brood
En ek gee vir jou my woorde dis my daaglikse brood
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Brood

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole à droite de l'enveloppe
2| symbole en bas de la calculatrice
3| symbole à droite de l'appareil photo
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid