paroles de chanson / Jak de Priester parole / Afrikaans My Taal lyrics  | ENin English

Paroles de Afrikaans My Taal

Interprète Jak de Priester

Paroles de la chanson Afrikaans My Taal par Jak de Priester lyrics officiel

Afrikaans My Taal est une chanson en Afrikaans

Ek ontmoet haar in London
Oppad werk toe naby Piccadilly
Terwyl die mense kom en gaan

Almal praat in tale
Ek vind my verlange
In Ingrid Jonker se bestaan

En êrens langs 'n stasie loop ek
Soekend met die liedjies
In my oorfone
En met 'n travel kaart in my hand

Ons sing van Hillbrow en Pretoria
Sy loop die pad alleen my love
Maar ek loop saam
Mmm ek loop saam

Ek het jou lief
Ek het jou lief my moeder taal
Ek het jou lief
Ek het jou lief my mooiste taal
Ek het jou lief
Jy is 'n vrou jy dans soms kaal

En as ek oud word hier op aarde
En die engele kom my haal
Het ek jou lief
Ek het jou lief my moeder taal

Slaap een nag in Walles
Ek was platsak in 'n slaapsak
Langs 'n supermark se muur

Ek bly wakker in die donker
Môre oggend vroeg
Kry die bus my hier

Ek luister Kerkorrel en Strijdom
Laurika Rauch en Koos Kombuis
Met elke liedjie kom ek huis toe
Dit is my taal en ek voel tuis

Ek het jou lief
Ek het jou lief my moeder taal
Ek het jou lief
Ek het jou lief my mooiste taal
Ek het jou lief
Jy’s 'n vrou jy dans soms kaal

En as ek oud word hier op aarde
En die engele kom my haal
Het ek jou lief
Ek het jou lief my moeder taal

Sy't blomme in haar hare
As sy omkyk deur die lanings van sy hart
Sy draai lemoene in 'n maandtjie
Wat sy gepluk het
By die wingerd van sy hart

Sy roep die wolke uit die hemel
Sy dans die reën dans
Met die trane in sy oë

Sy hou 'n baba in haar arms
Sy leer hom woorde leer hom glo
Mmm sy leer hom glo

Ek het jou lief
Ek het jou lief my moeder taal
Ek het jou lief
Ek het jou lief my mooiste taal
Ek het jou lief
Jy is 'n vrou jy dans soms kaal

En as ek oud word hier op aarde
En die engele kom my haal
Het ek jou lief
Ek het jou lief my moeder taal

My moeder taal
Ek het jou lief my moeder taal
Droits parole : paroles officielles sous licence Lyricfind respectant le droit d'auteur.
Reproduction des paroles interdite sans autorisation.

Commentaires sur les paroles de Afrikaans My Taal

Nom/Pseudo
Commentaire
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - Tous droits réservés. www.paroles-musique.com
Connexion membre

Se connecter ou créer un compte...

Mot de passe oublié ?
OU
CREER COMPTE
Sélectionnez dans l'ordre suivant :
1| symbole en haut du nuage
2| symbole en haut de la poubelle
3| symbole à droite de l'oeil
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid