song lyrics / Spoegwolf / Gloed lyrics  | FRen Français

Gloed lyrics

Performer Spoegwolf

Gloed song lyrics by Spoegwolf official

Gloed is a song in Afrikaans

Ons het met Ackerman's se All Stars die winter gras gaan loop
Ek het my ma se jeans gedra, myne was te groot
Ons het laat op die berg pad die dorp se lig gaan vang
O ons harte was soos nette ek sleep dit nou al lank hier saam
Ek swaai dit oor my kop jy vra nie dat ek stop nie

Jy maak dit maklik
Jy glo ek is goed
Na die bloei
Kom die gloed

Dis ons een, twee, drie, ek blok myself ons droom van 'n gesin
Ek het 'n boom vir jou geplant, 'n akker in die wind
Dalk sal ons kinders hul ligte hoog in dit kan hang
O jy roep ons almal binne, daar's sterre op my wang geverf
Daar's blare op my kop, jy vra nie dat ons stop nie

Jy maak dit joune
Al die goed en die sleg
Jy maak my joune
Al is almal al vergewe

Ons gaan oud word en doof word en al ons haat verleer
Hand aan hand soos 'n liggie string, sterker as die see
Is jy nog sterker as die see?

Jy maak dit joune
Al die goed en die sleg
Jy maak my joune
Al is almal al vergewe

Jy maak dit joune
Al die goed en die sleg
Jy maak my joune
Al is almal al vergewe
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Gloed lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the suitcase
2| symbol at the bottom of the smiley
3| symbol at the bottom of the camera
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid