song lyrics / Robbie Wessels / Plaasjapie lyrics  | FRen Français

Plaasjapie lyrics

Performer Robbie Wessels

Plaasjapie song lyrics by Robbie Wessels official

Plaasjapie is a song in Afrikaans

Ek het jare lank geboer buite Rustenburg
Toe vat die bliksemse regering my plasie terug
Van n uitsig oor die bosveld en ‘n reuse skuur
Tot ‘n erfie met ‘n tuintjie en ‘n ses voet muur

Opgestaan in die oggend met ‘n haan wat kraai
Nou word ek wakker met my buurman wat nogsteeds braai
Dit is 3 uur in die oggend en my kop bly klop
Op die maat van die musiek en die tjops en dop

O help my help my die karre raas vroeg
Die gedurige gedruis maak my o so moeg
En die sterrelose hemel laat my so terugdink
Aan die Aandster die Suidekruis die Drie Susters

Ek droom in die aande ek is op my plaas
Kan die jakkals en die gaanse op my dam hoor raas
Maar dit word gou verhinder deur ‘n motorbike
Teen 220 soos 'n maniak

Ek verlang na my beeste en my bosveldvuur
Wat deur die stilte knetter in die laatnaguur
En ek mis ook al al my werkers en my voorman Jak
Wat somtyds net hier langs my in die veld kom poef

O help my help my die karre raas vroeg
Die gedurige gedruis maak my o so moeg
En die sterrelose hemel laat my so terugdink
Aan die Aandster die Suidekruis die Drie Susters

Maar nou sit ek innie middel van Pretoria
Ek het niks om te doen nie en my geld is klaar
Gee my ‘n hosepipe en ‘n graaf en ‘n honderd rand
Dat ek tenminste ‘n boom in die grond kan plant

Maar die kos is te duur en my vrou bly kla
Hier is niks in die huis nie sal die bank moet vra
Om die lening op ons huis weer oop te maak
Voor die water in die krane ook op gaan raak

O help my help my die karre raas vroeg
Die gedurige gedruis maak my o so moeg
En die sterrelose hemel laat my so terugdink
Aan die Aandster die Suidekruis die Drie Susters

Mister Ramaphosa gee terug my plaas
Mister Ramaphosa vat my terug
Mister Ramaphosa jy is die baas
Mister Ramaphosa ek mis my plaas
Ek mis my plaas

O help my help my die karre raas vroeg
Die gedurige gedruis maak my o so moeg
En die sterrelose hemel laat my so terugdink
Aan die Aandster die Suidekruis die Drie Susters

O help my help my die karre raas vroeg
Die gedurige gedruis maak my o so moeg
En die sterrelose hemel laat my so terugdink
Aan die Aandster die Suidekruis die Drie Susters

Asseblief Oom Cyril gee terug my plaas
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.
Writer: ROBBIE WESSELS

Comments for Plaasjapie lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the camera
2| symbol to the right of the cloud
3| symbol at the bottom of the television
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid