song lyrics / Robbie Wessels / Oom Willem Se Springbokplaas lyrics  | FRen Français

Oom Willem Se Springbokplaas lyrics

Performer Robbie Wessels

Oom Willem Se Springbokplaas song lyrics by Robbie Wessels official

Oom Willem Se Springbokplaas is a song in Afrikaans

Sy boerboel se naam is Bakkies
Sy Brahman se naam is Beast
Sy hoender se naam is Victor
En sy pappegaai Fourie du Preez

Hy ken al sy Bokke op hul name
Van Morné tot Bismarck du Plessis
En vanaand slag hy 'n skapie vir die spitbraai
Vir Schalk Burger of vir Pat Lambie

Want daar's 'n opskop by die skuur
Waar al die mense van die dorp kom raas
Ja, die skoolsaal is te duur
Kom na oom Willem se springbokplaas

Waar die bakkies en die John Deere trekkers
Groen en goud is van die jonk tot oud
Die merino's, karrakoele en die dorpers
Gebrandmerk met die groen en goud

Sy buurman se naam is Sherman
'n Aussie in murg en been
Ge-emmigreer na die '95 World Cup
Toe die Bokke die World Cup wen

Hy boer met piesangs en met mielies en papayas
Hy't 'n ingevoerde kangaroo
En almal sê dis 'n kolosale springhaas
Ja, niemand wil vir Sherman glo

Want daar's 'n opskop by die skuur
Waar al die mense van die dorp kom raas
Ja, die skoolsaal is te duur
Kom na oom Willem se springbokplaas

Waar die bakkies en die John Deere trekkers
Groen en goud is van die jonk tot oud
Die merino's, karrakoele en die dorpers
Gebrandmerk met die groen en goud

Daar was 'n bokdrol-spoeg kompetisie
Die foefie-slide was reg
'n Driebeen sakresies
En 'n modder kleilat geveg

Maar die opgewondenheid was oor die resies
Hier in die hartjie van die Klein Karoo
Tussen oom Willem se makgemaakte springbok
En ou Sherman se kangaroo

Pierre Spies is die naam van sy Springbok
Matt Giteau die Kangaroo
In 'n kilometer resies vir die wenpaal
En oor die vlaktes van die Klein Karoo

En Matt Giteau neem die voortou toe die skoot klap
Want Pierre skrik vir die geweerskootknal
Maar met 'n drafstap is hy vinnig langs Giteau
Jy is 'n springhaas, ek sien jou by die wenpaal

Want daar's 'n opskop by die skuur
Waar al die mense van die dorp kom raas
Ja, die skoolsaal is te duur
Kom na oom Willem se springbokplaas

Waar die bakkies en die John Deere trekkers
Groen en goud is van die jonk tot oud
Die merino's, karrakoele en die dorpers
Gebrandmerk met die groen en goud

Daar's 'n opskop by die skuur
Waar al die mense van die dorp kom raas
Ja, die skoolsaal is te duur
Kom na oom Willem se springbokplaas

Waar die bakkies en die John Deere trekkers
Groen en goud is van die jonk tot oud
Die merino's, karrakoele en die dorpers
Gebrandmerk met die groen en goud

Die merino's, karrakoele en die dorpers
Gebrandmerk met die groen en goud
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Oom Willem Se Springbokplaas lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the house
2| symbol at the top of the camera
3| symbol to the left of the clock
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid