song lyrics / Robbie Wessels / Liewe Ouers lyrics  | FRen Français

Liewe Ouers lyrics

Performer Robbie Wessels

Liewe Ouers song lyrics by Robbie Wessels official

Liewe Ouers is a song in Afrikaans

Ons is twee Suid-Afrikaners in 'n backpacker iewers in Europa in 'n stad
Ons ken 'n mielie en 'n stroper en 'n John Deere trekker, ons het die weer en die kultuur geonderskat
Want hier sit ons in 'n kamer met 'n Aussie en 'n Kiwi en 'n Duitster en 'n Ier en twee Japs
En almal behalwe ek en Stevie bestudeer opgewonde hulle maps

Hulle chat oor als wat hul gaan sien, watter museums en watter outydse geboue
Ek en Stevie chat oor rugby en oor 2010 se sokker World Cup en sy broer se rowwe troue
Maar in ons sak is daar 'n padkaart van 'n hele ander missie, praat nie uit nie, dit is konfidensieel
Dis 'n Suid-Afrikaanse kompetisie om te ontsnap uit die backpacker perseel

Middernag so pas, Check
Balaklawa, kompas, Check (Check)
Walkie-talkie toets, oor en uit (Oor en uit)
Stevie, jy is Bravo Een, move uit

Bravo Een, Bravo Een kom in
Identifiseer jou posisie
Bravo Een, staan by, ek's alreeds in die dak, baie stof en ek het bitter swak visie

Liewe ouers, hier's 'n rot
Hier's 'n rot en hy is groter as 'n dassie
Liewe ouers
Dis 'n rot
Of nee, wag
Ek sweer dit is 'n dassie
Liewe ouers
Liewe ouers
Liewe ouers

Meanwhile by die huis is daar 'n spitbraai iewers langs die Bronkhorstspruitdam
Daar is mielies en sosaties en 'n bak slaai, braaibroodjies met tamatie, kaas en ham
En die manne staan in Speedos om die vuurtjie en bespiegel oor die Hane en die Aussie en die Kiwi
Wie was die beste kaptein, John Smit of Corné Krige, en hul wonder nou hoe gaan met ek en Stevie

Hulle imagine hoe ons kuier, hoe ons girls opchat met ons rough looks en ons Afrika aksent
Hoe ons outydse geboue en museums verken, Brussel, Brugge en Parys en ook Gent
Maar iewers in Europa in 'n gryserige stad sit 'n bang Suid-Afrikaner in 'n dak
Hy mis 'n mielie en 'n stroper, sy Jack Russell en sy kat en 'n somer warm Afrika sonsak

Balaklawa, kompas, Check (Check)
Kopliggie harnas, Check (Check)
Walkie-talkie toets, oor en uit (Oor en uit)
Ok, ek is Bravo Twee move uit

Bravo Een, Bravo Een, kom in
Identifiseer jou posisie
Bravo Een, staan by, jy't nog nooit so iets gesien nie, ek is skyt bang, asseblief bel die polisie

Liewe ouers, nog 'n rot
Nog 'n rot en hy is groter as 'n Staffie
Liewe ouers
Dis 'n rot
Of nee, wag
Ek sweer dit is 'n Staffie
Liewe ouers

Liewe ouers
Liewe ouers
Liewe ouers
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Liewe Ouers lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the smiley
2| symbol to the right of the heart
3| symbol to the left of the television
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid