song lyrics / Robbie Wessels / Legendes lyrics  | FRen Français

Legendes lyrics

Performer Robbie Wessels

Legendes song lyrics by Robbie Wessels official

Legendes is a song in Afrikaans

Ek het ‘n paar legendes die vrae gaan vra
Wat sou jy sê om die Bok te dra?
‘n Paar wyse woorde van uit die hart
Wat die Bok inspireer en wat hy saam kan vat

Ek het vroegdag vertrek na ou Bakkies
In die bosveld het hy vir my gewag
Hy’t my vriendelik ontvang met ‘n koppie koffie
En my vertel hoe hy die Bok verlang

(My boodskap aan die Bokke is. Manne gaan verdien respek onder mekaar as een span. Maak jouself en ons Nasie trots wat bankvas agter julle staan om die Wêreldbeker terug huistoe te bring)

Hy gaan saam hy gaan saam
As die Bokke vertrek oor die see
Hy gaan saam hy gaan saam (Hy gaan saam)
As die Bokke vertrek oor die see

In die hart van Natal het ek ook gaan draai
Om vir John Smit te kuier en ‘n vissie te braai
Hy’t my vriendelik ontvang met sy hoed in sy hand
Asof die Springbok se bloed nog klop in sy hart

Hy’t my vertel hoe lank dra hy al sy kêppie
Met die Springbokembleem daarop gewerk
Hy’t my vertel hoe baie mis hy sy rugby
En vir die Springbok klop sy hart nog sterk

(To our Boks of 2019. Arrive in Japan like world champions, train like world champions, behave like world champions and become world champions. Enjoy every single second and make some amazing memories)

Hy gaan saam hy gaan saam
As die Bokke vertrek oor die see
Hy gaan saam hy gaan saam (Hy gaan saam)
As die Bokke vertrek oor die see

Uiteindelik gaan maak ek ‘n Kaap se draai
In Constantia se wêreld wie sou kon raai
Na die groot legende Mannetjies Roux
Nogsteeds droom van rugby nou as toe

En hy kyk my baie vriendelik in my oë
En hy sê my die genade kom van bo
Dat hy in 2019 steeds kan sê
Dat die Bok na aan sy hart steeds lê

(Robbie ek wil net ‘n paar woorde aan die Springbokke vir die Wêreldbeker vanjaar rig. Hulle moet hulle alles insit hulle moet goed verdedig, hulle moet goed skrum en op die aanval moet hulle nie foute maak nie. Sterkte manne ons hoop dit gaan goed met julle)

Hy gaan saam hy gaan saam
As die Bokke vertrek oor die see
Hy gaan saam hy gaan saam (Hy gaan saam)
As die Bokke vertrek oor die see

My laaste stop is Bloemfontein
Die ryp lê nog wit die son nog klein
En daar steek hy sy kop uit bo oor die rand
En ‘n rukkie later skud ek Naas Botha se hand

En hy kyk my ook diep in my oë
En vir ‘n oomblik raak ek bewoë
Hierdie legende wat hier voor my staan
Gaan gemis word as hy eendag moet gaan

(Manne julle staan aan die vooraand om terug te keer as legendes, en julle merk te los in die hart van ons land)

Hy gaan saam hy gaan saam
As die Bokke vertrek oor die see
Hy gaan saam hy gaan saam (Hy gaan saam)
As die Bokke vertrek oor die see

Hy gaan saam hy gaan saam
As die Bokke vertrek oor die see
Hy gaan saam hy gaan saam (Hy gaan saam)
As die Bokke vertrek oor die see
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.
Writer: ROBBIE WESSELS

Comments for Legendes lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the house
2| symbol to the right of the clock
3| symbol at the top of the helmet
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid