song lyrics / Robbie Wessels / Kampioen lyrics  | FRen Français

Kampioen lyrics

Performer Robbie Wessels

Kampioen song lyrics by Robbie Wessels official

Kampioen is a song in Afrikaans

Ek's nie 'n verloorder ek's 'n kampioen van lig
Wat verdwaal het in my donker en geval het op my rug
Ek's nie 'n verloorder ek's ‘n kampioen van lig
Wat dié rondte verloor het en wat hierdie keer moes vlug

Ek wil graag 'n vegter wees 'n oorwinnaar in die stryd
Maar ek dink ek het te ver geswem toe spoel die see my uit
Ek wil graag 'n vegter wees 'n kryger van hoop
Maar my voete het te moeg geraak hulle wou nie verder loop

As ek plat neerval sal ek opstaan
En my grond terugvat
As ek plat neerval sal ek opstaan
En my grond terugvat

Ek's 'n kampioen
Ek's 'n kampioen
Ek's 'n kampioen van lig ek vat my grond weer terug

Ek hoop dat ek 'n lig kan wees 'n baken in die nag
Ek hoop dat ek myself kan wees om mense te laat lag
Ek sit hier hande uitgestrek ek staan hier op my knieë
Man-alleen verloor ek teen die storms van die see

Asseblief vergeef die seer en pyn die doring in my vlees
En wees geduldig met my hart ek's nie nou wie ek wil wees
Hierdie was 'n seer seisoen my hartseerste gedig
Maar ek's nie 'n verloorder ek's 'n kampioen van lig

As ek plat neerval sal ek opstaan
En my grond terugvat
As ek plat neerval sal ek opstaan
En my grond terugvat

Ek's 'n kampioen
Ek's 'n kampioen
Ek's 'n kampioen van lig ek vat my grond weer terug

As dit moeilik is om te vertrou as jy sukkel om te glo
Kyk weg van jouself af en lig jou kop na bo
Die rondte het ek verloor maar al die vrees sal vlug
Ek's nie 'n verloorder ek's 'n kampioen van lig

Maar die wêreld sal jou stenig as jy spartel op die grond
Die wêreld sal jou oordeel en sê bly lê soos 'n hond
Maar ek sê vegter staan op en vat jou erfdeel terug
Ek sê jy's 'n kampioen van lig 'n kampioen van lig

As ek plat neerval sal ek opstaan
En my grond terugvat
As ek plat neerval sal ek opstaan
En my grond terugvat

Ek's 'n kampioen
Ek's 'n kampioen
Ek's 'n kampioen van lig ek vat my grond weer terug
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Kampioen lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the right of the target
2| symbol to the left of the eye
3| symbol at the bottom of the bulb
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid