song lyrics / Robbie Wessels / Kaalvoet lyrics  | FRen Français

Kaalvoet lyrics

Performer Robbie Wessels

Kaalvoet song lyrics by Robbie Wessels official

Kaalvoet is a song in Afrikaans

Ek is nie altyd seker nie
Nie altyd vasoortuig
Wie se gevoelens eg is nie
Wie se intensies reg

Oordeel ek vinnig besluit ek te gou?
Voor opgestelde idees
Oor jou en oor jou en oor jou en oor jou
Los my skuldig en soms alleen

Waar gaan ek heen
As die dae begin lank raak?
Waarheen in my onrustigste uur?

Ek kom na U
Waar ek laatnag voor ‘n koolstoof aan my siel skuur
Dis U wat word gebôre uit die hart
Dis hier waar ek vanaand noukeurig luister
Vir die stem wat my soms vêr van hieraf vat

En ek loop kaalvoet deur ‘n wêreld
‘n Wêreld sonder grense
‘n Wêreld sonder vrese
‘n Wêreld sonder vrae
Waar niemand van iemand skinder nie
En niemand niemand pla
Maar mekaar wil dra

Ek het nie altyd vrede nie
Nie altyd rustigheid
Hoekom ek so geseënd is nie
Met liefde en min verwyt

Doen nie wat ek sê nie en gee nie genoeg
Ignore soms my grootste vriend
En eerste besluite bevoordeel myself
Tog seën U my onverdiend

Buite my huis maak die reën alles skoon
Buite my venster waar ek woon
Is dit groen?

En die reën omhels die aarde met ‘n klapsoen
Los die wange van die hemels papsop nat
En die son kom druk die aarde teen sy bors vas
En die grond drink voor hy als vir hom kom vat

En ek loop kaalvoet deur ‘n wêreld
‘n Wêreld sonder grense
‘n Wêreld sonder vrese
‘n Wêreld sonder vrae
Waar niemand van iemand skinder nie
En niemand niemand pla

Ons is nooit tevrede nie en niks is ooit genoeg
Besitings gee nie lewe nie die sonde maak ons moeg
Ons hoop lê nie in môre nie want môre het nie krag
Môre het nie wysheid nie genade vir vandag
Dis genoeg

En waar gaan ek heen
As die dae begin lank raak?
Waarheen in my onrustigste uur?
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Kaalvoet lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the envelope
2| symbol at the bottom of the helmet
3| symbol to the right of magnifying glass
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid