song lyrics / Robbie Wessels / Jy Is My Liefling lyrics  | FRen Français

Jy Is My Liefling lyrics

Performer Robbie Wessels

Jy Is My Liefling song lyrics by Robbie Wessels official

Jy Is My Liefling is a song in Afrikaans

Ek skryf uit ‘n leë tank ‘n liedjie vir jou
Jy’t my kom optel en gevat net vir jou
Ek het gespartel geskop en geskree
Jy het jou hart vir my net so gegee

Ek het belowe ek sal jou nie drop
Jy’t my vergewe en toe tel jy my op
Ek het verdwaal op pad na my huis
Jy het my weer die pad aangewys

Jy is my liefling jy is die vrou
Jy maak my rustig jou wil ek trou
Jou hart is rein jou intensies opreg
Ek het jou lief en ek wil vir jou veg

Die waarheid vat lank soms om in te kom sink
Die grond vat soms lank om die water te drink
Dit moet eers gespit word en mooi gebewerk
Voor liefde sy wortels daarin kan versterk

Die liefde die groei nie in vlak grond of pad
In oorde vol onkruit en lande wat brand
Die liefde die wag vir die vroë somerreën
Om die vrugbare lande met stikstof te seën

Jy is my liefling jy is die vrou
Jy maak my rustig jou wil ek trou
Jou hart is rein jou intensies opreg
Ek het jou lief en ek wil vir jou veg

So droom ek en skryf ek uit my leë tank vir jou
My hart soek al lankal na die een wat hy van hou
Ek soek jou ek bel jou
Ek maak jou eintlik mal
En ek hou jou soms vas en ek gooi om jou wal

Ek is dalk oorbeskermend ek leer nog die taal
Van die liefde en die lewe
So weerloos en kaal
Maar jy is soos ‘n lentebries wat vlooi deur my huis
Jy is die een wat my hart vir my wys

Jy is my liefling jy is die vrou
Jy maak my rustig jou wil ek trou
Jou hart is rein jou intensies opreg
Ek het jou lief en ek wil vir jou veg

En al gaan jy dalk weg
Ek sal aanhou veg
En al daag jy weer op
Ek sal nie weer stop

Want die water die vloei weer
Die sluise is oop
Die liefde die groei weer die oues verkoop

Jy is my liefling jy is die vrou
Jy maak my rustig jou wil ek trou
Jou hart is rein jou intensies opreg
Ek het jou lief en ek wil vir jou veg
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Jy Is My Liefling lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the star
2| symbol to the right of magnifying glass
3| symbol to the right of the television
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid