song lyrics / Robbie Wessels / John West lyrics  | FRen Français

John West lyrics

Performer Robbie Wessels

John West song lyrics by Robbie Wessels official

John West is a song in Afrikaans

Die wolke pak saam in die Ooste
En hy staan met sy hoed in sy hand
Op sy sementdamwal en hy wonder gaan die somerreën
Hierdie jaar val?

Ek wonder nogsteeds by myself
Was ek daai jaar nege of elf?
Toe die sneeu dik gelê het
Op Hamiltonsrus en ons ons bure se vure
Vinnig moes blus

John West
Ek weet jy mis jou plaas
Ek weet jy dink aan Abraam en aan Petrus wat dronk raas
Jy droom van koringlande
Jy bid nogsteeds vir reën
En al mis jy ook die Vrystaat
In die Kaap
Sal God jou seën

Soms lê hy laataande wakker
En hy dink weer aan vrugbare grond
Hy sien weer ‘n klein hopie sand tussen bome
Daar lê Nonna sy basterhond

Dan begin hy homself af te vra
Het die swaarkry hom regtig gepla?
Tussen lande vol mielies
En kampe vol wild
Het John West besef daar’s net teveel skuld?

John West
Ek weet jy mis jou plaas
Ek weet jy dink aan Abraam en aan Petrus wat dronk raas
Jy droom van koringlande
Jy bid nogsteeds vir reën
En al mis jy ook die Vrystaat
In die Kaap
Sal God jou seën

John West
Ek weet jy mis jou plaas
Ek weet jy dink aan Abraam en aan Petrus wat dronk raas
Jy droom van koringlande
Jy bid nogsteeds vir reën
En al mis jy ook die Vrystaat
In die Kaap
Sal God jou seën
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for John West lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol to the left of the cross
2| symbol to the right of the calculator
3| symbol at the top of the helmet
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid