song lyrics / Robbie Wessels / Halley se Komeet lyrics  | FRen Français

Halley se Komeet lyrics

Performer Robbie Wessels

Halley se Komeet song lyrics by Robbie Wessels official

Halley se Komeet is a song in Afrikaans

As ek net meer kon droom
Van die wind in die takke
Van die ou wilgerboom
Oppie plaas

Ek sal alles verruil
Om weer Sondag na kerk
Saam met Remi te huil
Vir oulaas

Ek wens ek sien weer vir die eerste keer die Suiderkruis
Ek wens my oupa kan weer Halley se komeet uitwys
Soos 'n kindjie na 'n Kinderbybelprentjie kyk
Wil ek vir oulaas weer die stofreën op die grondpad ruik

Kan Pinocchio asseblief nou uit daai walvis klim?
As Heidi se oupa net sy snor wil trim
Ek wens ek kan Neels Holgerson laat beter voel
Ek wens die reën wil weer die grondpad op die plaas verspoel

Mamma kook vir ons
Bokmelk vanaand
Smelt vir ons
Kaas in die pan

Vertel vir my weer
Hoe kry Heidi so seer?
En waar
Kom Tautau vandaan?

As ek net weer kan glo
Soos 'n kind kan vertrou
Daar 's engele daarbo wat ons bless

As ek net weer kan kyk
Hoe die vlei begin loop
En hoe jou mielies weer mooi lyk, John West

Ek wens ek sien weer vir die eerste keer die Suiderkruis
Ek wens my oupa kan weer Halley se komeet uitwys
Soos 'n kindjie na 'n Kinderbybelprentjie kyk
Wil ek vir oulaas weer die stofreën op die grondpad ruik

Kan Pinocchio asseblief nou uit daai walvis klim?
As Heidi se oupa net sy snor wil trim
Ek wens ek kan Neels Holgerson laat beter voel
Ek wens die reën wil weer die grondpad op die plaas verspoel

Is Remi se apie
Dan dood?
Of speel hy
Nogsteeds toneel?

Pa, is Nonna al terug?
Is dit reën
In die lug?
Of het ek myself weer verbeel?

Ek wens ek sien weer vir die eerste keer die Suiderkruis
Ek wens my oupa kan weer Halley se komeet uitwys
Soos 'n kindjie na 'n Kinderbybelprentjie kyk
Wil ek vir oulaas weer die stofreën op die grondpad ruik

Kan Pinocchio asseblief nou uit daai walvis klim?
As Heidi se oupa net sy snor wil trim
Ek wens ek kan Neels Holgerson laat beter voel
Ek wens die reën wil weer die grondpad op die plaas verspoel
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Halley se Komeet lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the bottom of the suitcase
2| symbol at the bottom of the clock
3| symbol at the bottom of the eye
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid