song lyrics / Robbie Wessels / Bokkoors (Eye Of The Tiger) lyrics  | FRen Français

Bokkoors (Eye Of The Tiger) lyrics

Performer Robbie Wessels

Bokkoors (Eye Of The Tiger) song lyrics by Robbie Wessels official

Bokkoors (Eye Of The Tiger) is a song in Afrikaans

Oom Lourens was nog nooit regtig fiks nie
As jy hom vra wat maak hom bly dan sê hy niks nie
Hy's maar altyd op sy plek altyd effentjies getrek
Hy hou van biltong en droëwors en rugby

Maar gister het daar ietsie begin broei
Hy’t gaan draf en gaan fiets ry en gaan roei
Presies tien dae voor die Bokke teen Wes Samoa
Arriveer 'n pakkie met een tot vyf van Rocky Balboa

Hy dink terug aan 1995
Die skare die vuure en die vibe
Die Amarula Cream en Kahlua
En die tema lied van Rocky Balboa

Hy luister Eye of the Tiger en hy voel weer die hou
Hy voel die grond en die sweet hier in sy hare
En die laaste survivor staan en lag in sy mou
En Oom Lourens lê plat op sy rug

Met sy boks broek sy japon en sy bed
Dans hy op Eye of the Tiger om sy bed
Op die TV Rocky 3 met sy oë op Mr T
Word hy kwater en kwater en kwater

En hy dink terug aan die argument
Tussen hom en sy skoonseun Brent
Oom kan nou ma gil ek sal skreë vir wie ek wil
Dis 'n vry land en Oom is nie my pa nie

Hy dink terug aan 1995
Die skare die vuure en die vibe
Die Bokke en die Iere en Samoa
En die tema lied van Rocky Balboa

Hy luister Eye of the Tiger en hy voel weer die hou
Hy voel die grond en die sweet hier in sy hare
En die laaste survivor staan en lag in sy mou
En Oom Lourens lê plat op sy rug

Nicky praat op Radio Sonder Grense
Op die foto's sien Oom Lourens weer die mense
Hy trek kringe rond om Brent hy onthou weer die sement
Teen sy tande sy neus en sy kaake

In my huis skreë jy nie vir wie jy wil nie
Ek ruk jou strot uit dat jy glad nie meer kan gil nie
En na die argument tref Oom Lourens die sement
En die Bokke wen 15-12

Hy dink terug aan 1995
Die skare die vuure en die vibe
Die Amarula Cream en Kahlua
En die tema lied van Rocky Balboa

Hy luister Eye of the Tiger en hy voel weer die hou
Hy voel die grond en die sweet hier in sy hare
En die laaste survivor staan en lag in sy mou
En Oom Lourens lê plat op sy rug

Daar hang 'n vreesbevange vibe in die lug
Oom Louwrens verwelkom almal terug
Dis 2007 sy lip begin te bewe
Toe Brent opdaag met 'n Wes Samoa trui

Wat van 'n shooter my ou maat?
Begin Oom Lourens eerste te praat
Tot by shooter nommer elf 'n Cola tonic vir homself
En Stroh rum vir sy skoonseun Brent

Dis wereldbeker 2007
Daar is opwinding en samesyn en lewe
Daars Amarula Cream en Kahlua
En die Bokke speel teen Wes Samoa

Net voor Die Stem en Nkosi voel Brent bietjie vlou
Hy voel naar en daar's sweet hier in sy hare
En die laaste survivor staan en lag in sy mou
Hy slat vir Brent dat hy lê op sy rug
Op sy rug
Lyrics copyright : legal lyrics licensed by Lyricfind.
No unauthorized reproduction of lyric.

Comments for Bokkoors (Eye Of The Tiger) lyrics

Name/Nickname
Comment
Copyright © 2004-2024 NET VADOR - All rights reserved. www.paroles-musique.com/eng/
Member login

Log in or create an account...

Forgot your password ?
OR
REGISTER
Select in the following order :
1| symbol at the top of the trash
2| symbol at the top of the padlock
3| symbol to the left of the cloud
grid grid grid
grid grid grid
grid grid grid